hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 24 Die Boodskap (DB)

Die teken van ’n stoompot

1. Op die vyftiende Januarie 588 v.C. het die Here met my gepraat. Dit was die negende jaar dat koning Jojagin as ’n gevangene in die vreemde land gesit het. Die Here het gesê:

2. “Mens, skryf vandag se datum neer. Vandag het die koning van Babilonië sy aanval op Jerusalem begin.

3. En wys dan vir hierdie opstandige klomp mense saam met jou iets. Sê vir hulle dis die Here, die God van Esegiël, wat dit vir hulle wil wys. Sit ’n pot met water op die vuur sodat die water begin kook.

4. Gooi dan goeie kookvleis in die pot: vleis van die boud en die blad van ’n skaap.

5. Gebruik net die beste skaapvleis. Maak ’n ordentlike vuur onder die pot. Kook die vleis, die bene saam met die vleis.

6. “Sê dan vir hulle dis wat die Here, Esegiël se God, vir hulle hierdeur wil sê: Jerusalem gaan definitief verwoes word. Want dit is ’n stad vol mense wat ander doodmaak. Jerusalem is ’n pot vol korrupsie. Haal nou die vleis stuk vir stuk uit. Moenie uitkies watter stuk jy eerste vat nie.

7. Almal kan duidelik sien hoe sleg die stad is. Die mense van die stad pleeg moord en was nie eens die bloed af nie. Die stad probeer nie eens haar slegte dade wegsteek nie.

8. Daarom sal Ek haar bloed ook so laat spat dat enigeen dit sal kan sien. Ek gaan dit doen omdat Ek kwaad is oor wat julle gedoen het en wraak gaan neem daaroor.”

9. So sê die Here, die God van Esegiël: “Jerusalem gaan verwoes word, want dit is ’n stad vol mense wat ander doodmaak. Ek sal self die vuur pak wat onder die pot sal brand.

10. Ja, gee vir My hout aan! Laat die vuur brand sodat die pot kan kook. Kook die vleis saam met baie speserye. Maak dan die pot leeg en los die bene daarin sodat dit in die pot vasbrand.

11. Sit dan die leë pot op die vuur sodat dit kan skoon brand.

12. Wat gebeur? Die pot word nie skoon nie. Hy bly vuil. Dis hopeloos om te dink die vuur sal hom skoon brand.

13. Net so is dit met al julle slegte dade en julle aanbidding van die afgode. Ek het probeer om julle skoon te maak. Maar julle het hardkoppig geweier. Daarom sal julle vuil bly tot Ek my woede oor julle afgekoel en julle gestraf het.

14. Dit is Ek, die Here, wat gepraat het. Dis nou tyd dat julle gestraf word. En Ek sal julle nie jammer kry nie. Ek sal nie van gedagte verander nie. Julle moet maar julle volle straf dra. Julle sal gestraf word vir al die slegte dade wat julle gedoen het,” sê die Here, die God van Esegiël.

Esegiël se vrou sterf skielik

15. Toe sê die Here vir my:

16. “Mens, Ek gaan jou kosbaarste skat, jou vrou wat jou soveel vreugde gebring het, van jou af wegvat. Sy sal skielik doodgaan. Maar jy mag nie vir een oomblik wys dat jy hartseer is nie. Moenie huil nie. Jy mag geen traan stort nie.

17. Jy mag sug, maar net saggies. Ook as julle haar begrawe, mag jy nie hard huil nie. Jy mag op geen manier verraai dat jou hart stukkend gebreek is deur jou vrou se dood nie. En as vriende jou wil troos of vir jou kos wil bring omdat jou vrou nie meer daar is om vir jou te sorg nie, mag jy dit nie aanvaar nie.”

18. Ek het die volgende oggend vir my mense gesê wat die Here gesê het. En daardie aand is my vrou dood. Die volgende oggend het ek alles presies gedoen soos die Here vir my gesê het om te doen.

19. Toe vra die mense vir my: “Hoekom maak jy so? Wat beteken dit wat jy doen? Wat probeer jy vir ons sê?”

20. Toe sê ek vir hulle: “Die Here het vir my gesê om met julle te praat deur wat gebeur het en wat ek gedoen het.

21. So sê die Here, die God van Esegiël, vir die volk Israel: Ek gaan toelaat dat my eie huis besoedel word. Daardie huis waar Ek gebly het en waarop julle so trots was. Julle kon daar gaan skuil. Julle seuns en julle dogters in Judea sal ook deur die swaard doodgemaak word.

22. Daardie dag as dit gebeur, sal julle soos Esegiël maak. Julle sal nie openlik huil nie. En julle sal nie getroos word as julle vriende julle troos en vir julle kos bring nie.

23. Julle sal nie kan wys dat julle hartseer is nie. Julle sal nie kan huil en treur nie. Want julle sal uitteer omdat Ek julle sal straf vir al die slegte dinge wat julle gedoen het. Julle sal huil waar niemand julle kan sien nie oor al die slegte dade wat julle gedoen het.

24. Esegiël is ’n voorbeeld vir julle. Julle sal doen soos hy nou gedoen het. As daardie tyd aanbreek, sal julle weet en erken dat Ek die Here is.”

25. Toe het die Here ook nog vir my gesê: “Mens, op dieselfde dag as Ek die stad Jerusalem verwoes waarop hulle so trots was en waar hulle geskuil het, sal Ek ook hulle seuns en dogters laat doodmaak. Hulle sal hulle kinders en hulle stad, hulle kosbaarste besittings op een dag verloor.

26. Daardie dag sal iemand hier by jou in Babilonië aankom wat uit Jerusalem gevlug het. En hy sal jou vertel wat alles in Jerusalem gebeur het.

27. En wanneer hy hier aankom, sal jy weer jou stem terugkry sodat jy met hom sal kan praat. Tot dan maak Ek jou stom. Ek maak jou ’n voorbeeld vir my volk, want hulle sal stomgeslaan wees oor wat Ek aan Jerusalem gaan doen. Daardie dag sal hulle weet en erken dat Ek die Here is.”