hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 10 Die Boodskap (DB)

Die Here trek weg van sy huis af

1. Terwyl ek nog so kyk, val my oog op die horison bokant die koppe van die wesens. Maar teen die horison was daar iets wat soos die sitplek van ’n koning gelyk het; dit was van die helderste blou kleur waaraan ’n mens kan dink.

2. Toe sê die Here vir die man wat in sy huis diens gedoen het: “Stap tussen die wiele in wat onder die wesens draai en vat daar ’n hele hand vol van die gloeiende kole. Jy moet hierdie kole oor die stad Jerusalem uitstrooi.” Die man het dit toe gedoen terwyl ek hom dophou.

3. Die wesens het aan die suidekant van die huis van die Here gestaan toe die man onder hulle wiele ingestap het. Dit het gelyk of ’n wolk die huis van die Here vul toe die Here daar verskyn het.

4. Toe het die teenwoordigheid van die Here opgestyg bokant die vier wesens. Die Here het na die deur van sy huis toe gegaan. Die hele huis was vol van die Here se krag. Selfs buitekant die huis van die Here het dit geblink toe die Here daar verskyn het.

5. Die vlerke van die wesens wat beweeg het, het ’n oorverdowende geraas gemaak wat soos die stem van die Here geklink het. ’n Mens kon die geraas tot buite die huis van die Here hoor.

6. Die Here sê toe vir die man wat in sy huis diens doen: “Gaan nou tussen die wesens in en vat weer van die gloeiende kole wat tussen die wiele onder die wesens is.” Die man het toe ingegaan tussen die wiele en langs een van die wiele gaan staan.

7. Toe het een van die boodskappers sy hand uitgesteek en van die kole uit die vuur gevat wat tussen die wesens brand en wat natuurlik ook vuurwarm was. Die wese het die kole in die hand gesit van die man wat in die huis van die Here diens doen. Die man het toe die kole gevat en uitgegaan.

8. Al vier die wesens het iets onder hulle vlerke weggesteek gehad wat soos menslike hande gelyk het.

9. Elkeen van die vier boodskappers of wesens het ook vier wiele langs hulle gehad. Hierdie wiele het geskitter, kompleet asof dit van glansende edelstene gemaak is.

10. Die vier wiele het presies dieselfde gelyk. Elke wiel het ook ’n wiel binne-in hom gehad wat dwars in hom was.

11. Die wiele het gemaak dat die wesens in enige van die vier windrigtings kon beweeg wat hulle wou, sonder om om te draai as hulle beweeg. Hulle kon reguit in die rigting gaan wat hulle koppe gewys het sonder om ooit na dié kant toe te draai.

12. Die wesens en ook die wiele was vol oë. Die wesens het oë reg oor hulle lywe gehad, en ook oor hulle hande en rûe en vlerke.

13. Ek het gehoor iemand verwys na die wiele as die “warrelende wiele”.

14. Elkeen van die vier boodskappers het vier gesigte: die eerste was dié van ’n bees, die tweede was ’n menslike gesig. Die derde gesig was dié van ’n leeu en die vierde dié van ’n arend.

15. Toe het die wesens opgestyg. Dit was presies dieselfde beeld wat ek ook langs die Kebarrivier gesien het.

16. Terwyl die wesens beweeg, het die wiele saam met hulle beweeg. En wanneer die wesens in die lug beweeg het, het die wiele langs hulle gebly en saam met hulle beweeg soos hulle gevlieg het.

17. En as die wesens tot stilstand kom, het die wiele ook stil gaan staan. Die Gees van die wesens was in die wiele.

18. Die Here het toe self na die deur van sy huis toe gegaan, en van daar af het Hy na die sitplek bokant die boodskappers gegaan.

19. Terwyl ek nog kyk, het die boodskappers met hulle wiele na die oostelike hek van die huis van die Here toe gevlieg. Die Here het bokant die boodskappers gesit.

20. Dit was dieselfde boodskappers wat ek onder die God van Israel se troon gesien het toe ek die Here vroeër by die Kebarrivier gesien het. Ek het geweet hulle is boodskappers,

21. want elkeen van hulle het vier gesigte gehad en vier vlerke, en wat soos menslike hande gelyk het, was onder hulle vlerke versteek.

22. Hierdie boodskappers se gesigte het ook nes die gesigte gelyk van die wesens wat ek langs die Kebarrivier gesien het. En hulle het ook so reguit vorentoe beweeg, nes die wesens by die Kebarrivier.