hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 44 Die Boodskap (DB)

Die oospoort moet gesluit bly

1. Die man wat die huis van die Here gemeet het, het my weer na die ingang aan die oostekant gebring. Die ingang was gesluit.

2. Toe sê die Here vir my: “Hierdie ingang mag onder geen omstandighede oopgesluit word nie. Niemand mag hier ingaan of uitgaan nie. Die deur wat gesluit is, moet die mense herinner dat Ek, die Here, Israel se God, hierdeur gekom het toe Ek weer by my huis ingetrek het. Die ingang mag nooit oopgesluit word nie.

3. Die een wat oor hierdie volk regeer, mag in die ingangsportaal gaan sit om te eet, voor My. Maar hy mag nie deur die ingang gaan nie. Hy moet omloop en ’n ander ingang gebruik.”

’n Verbod!

4. Die man het my toe na die ingang aan die noordekant van die huis van die Here gevat. Toe ek daar kom, sien ek die Here is in sy huis. Ek het weer op my gesig voor die Here neergeval.

5. Toe sê Hy vir my: “Mens, luister nou baie mooi. Ek gaan vir jou sê wat ’n mens in my huis mag doen, en wat nie. Ek gaan ook vir jou sê wie hier mag inkom en wie nie.

6. Jy moet vir hierdie volk wat aanhoudend teen My opstandig is, gaan vertel wat Ek vir jou sê. Sê vir hulle: Ek het nou net mooi genoeg gehad van al julle slegte dade, volk van Israel!

7. Julle het mense wat nie deel van my volk is nie, in my huis ingebring. Hulle is ’n spul mense wat niks vir My voel nie. So het julle my huis besoedel terwyl julle offers gebring het. En so het julle die ooreenkoms verbreek wat Ek met julle gesluit het. Dit was bo en behalwe al die ander slegte dinge wat julle gedoen het.

8. Julle het nie in die huis van die Here gemaak soos Ek julle beveel het om te doen nie. Julle het selfs vreemdelinge gehuur om in my huis te werk.”

9. Nou sê die Here, Esegiël se God: “Geen vreemdeling sal weer in my huis mag kom nie. Nie eens die vreemdelinge wat tussen my volk bly, sal hier inkom nie. As hulle nie aan My behoort en vir My lief is nie, is hulle nie welkom nie.

10. Baie van die mense wat in my huis gewerk het, het gedros toe die res van die volk afgode begin dien het. Hulle het saam voor die afgode gaan buig. Nou moet hulle maar die gevolge van hulle slegte dade dra.

11. Hulle mag by die ingang van my huis wagstaan en my huis oppas. En hulle mag die diere slag wat die mense bring om aan My te offer.

12. Maar hulle het mos my volk aangemoedig om afgode te aanbid. Israel het slegte dinge gedoen. Daarom belowe Ek nou dat hulle nooit weer in my huis mag dien nie. Hulle moet die gevolge dra van die slegte dinge wat hulle gedoen het,” sê die Here, die God van Esegiël.

13. “Hulle mag nie in my huis kom nie en hulle mag nie vir My offers bring nie. Hulle mag geen voorwerp of instrument hanteer wat slegs gebruik mag word om My te dien nie. Hulle moet skaam kry oor al die slegte dade wat hulle gedoen het.

14. Hulle mag die huis van die Here oppas. En hulle mag help om die geboue reg te maak. Maar dis al.

15. “Die kleinkinders van Sadok het nie saam met die volk slegte dade gedoen en afgode gedien nie. Hulle het My in my huis bly dien. Hulle mag dit daarom nou steeds doen. Ek laat hulle toe om in my huis te kom en My te dien. Hulle mag voor My kom en offers vir My bring, namens die volk,” sê die Here, Esegiël se God.

16. “Hulle mag by die ingang van my huis instap en na my tafel kom om My te dien. Hulle het gedoen wat Ek hulle beveel het.”

Die regte klere

17. “Wanneer hulle by ’n ingang van my huis inkom, moet hulle onthou dat hulle die linneklere aantrek wat Ek voorskryf. Hulle mag nie in die huis van die Here ingaan as hulle klere aanhet wat van wol gemaak is nie.

18. Selfs hulle hoede moet van linne gemaak wees. En hulle broeke ook. Die rede is dat hulle klere hulle nie moet laat sweet nie. Wol is te warm om te dra.

19. As hulle uitgaan na die volk wat buitekant wag, moet hulle eers hulle linneklere uittrek. Die klere wat hulle dra as hulle voor My kom, mag nie uit die kamers gaan wat by my huis aangebou is nie. Selfs hulle klere dra die merk van my teenwoordigheid. As mense wat slegte dade doen daarmee in aanraking kom, kan hulle doodgemaak word.

20. “Mense wat in my diens staan, mag nie hulle koppe kaal skeer nie. Maar hulle mag ook nie hulle hare lank dra nie. Hulle moet altyd hulle hare netjies laat sny.

21. Iemand wat in my huis werk, mag nie wyn drink as hy in die verskillende kamers van my huis ingaan nie.

22. Hulle mag slegs trou met vroue uit Israel wat nog nooit voorheen getroud was nie. Hulle mag ook met vroue trou wat mans gehad het wat vroeër in my huis gewerk het, maar wat intussen dood is. Hulle mag nie met ander vroue trou wat voorheen getroud was of wat geskei is nie.

23. Hulle werk is om vir my volk te leer wat reg en verkeerd is, wat gedoen mag word en wat nie gedoen mag word nie.”

Die regte leefstyl

24. “Mense wat in my huis werk, moet ook besluit wie reg is as twee mense stry oor ’n saak. Hulle sal besluit wie reg is soos Ek hulle beveel het om te doen. Mense wat vir My werk, moet doen wat Ek hulle beveel het. Hulle moet al die feesdae hou soos Ek vir hulle gesê het. Hulle moet ook kyk dat die mense op die sewende dag maak soos Ek beveel het. Op dié dag moet mense nie werk nie. Die sewende dag is my dag.

25. Iemand wat in my huis werk, mag nie by ’n lyk kom nie. Hy mag slegs na ’n lyk gaan kyk as dit sy pa of ma of kind, of sy broer of ongetroude suster is.

26. Maar dan mag hy nie dadelik weer terugkom en in my huis werk nie. Hy moet homself eers rein maak en dan sewe dae wag voor hy weer in my huis mag kom staan.

27. Die eerste dag dat hy weer in my huis inkom, moet hy ’n offer namens homself bring sodat hy rein kan wees,” sê die Here, die God van Esegiël.

28. “Die mense wat vir My werk, besit nie eiendom nie. Wat aan My behoort, gee Ek vir hulle. Hulle het nie grond op hulle naam soos die ander mense van Israel nie.

29. Hulle leef van die offers wat die volk bring vir hulle eie sondes. Wat enigiemand eenkant sit en vir My gee as ’n geskenk, behoort aan die mense wat in my huis werk.

30. Die eerste van die ryp vrugte wat mense na my huis toe bring en die geskenke wat mense vir My gee, gaan na die mense wat in my huis werk. Die eerste graankorrels van die oes en die eerste van die meel wat mense gemaal het, moet hulle na my huis toe bring. Dit gaan na die mense toe wat in my huis werk sodat hulle en hulle gesinne genoeg kan hê om van te leef. Die mense moet die beste van wat hulle bak vir My bring. Ek gee dit vir die mense wat in my diens staan.

31. Daarom mag die mense wat in my huis werk, nooit vleis eet van ’n voël of ’n dier wat in die veld gevrek het of wat deur ’n ander dier doodgemaak is nie.”