hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 7 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here sal self vir julle ’n teken gee

1. Koning Resin van die land Aram en koning Peka van die land Israel het na Jerusalem gekom om oorlog te maak teen die stad. Dit was in die tyd toe Agas koning van Juda was. Agas was die seun van Jotam, en Jotam was die seun van Ussia. Peka was die seun van Remalja.Maar Resin en Peka en hulle soldate kon nie in Jerusalem inkom nie.

2. Agas, die koning van die nageslag van Dawid, het gehoor dat die Arameërs klaar in die land Efraim is. Agas en sy mense het baie bang geword. Hulle het gebewe soos bome in die bos bewe wanneer die wind waai.

3. Die Here het vir Jesaja gesê: “Jy en jou seun Sear-Jasub moet na koning Agas toe gaan. Hy is by die end van die watersloot wat uit die boonste dam kom. Dit is langs die pad na die plek waar die mense die wol was.

4. Jy moet vir Agas sê: Jy moet kalm bly. Jy moenie bang of bekommerd wees omdat Resin en Peka julle wil aanval nie. Hulle is soos twee stukke vuurmaak-hout wat net rook, hulle beteken niks.

5. Koning Resin en koning Peka het planne gemaak om slegte dinge te doen aan jou. Hulle het vir mekaar gesê:

6. ‘Kom ons gaan na Juda en ons oorwin die land en die stad Jerusalem. Dan maak ons Tabeal se seun daar koning.’

7. “Maar die Here sê: Hulle planne sal nie slaag nie. Dit sal nie gebeur nie.

8. “Hoekom? Want Resin is nie belangrik nie. Resin is net die hoof van Damaskus, en Damaskus is die hoofstad van Aram. Jerusalem is nie die hoofstad van Aram nie.“Oor 65 jaar sal die mense van Efraim nie meer lewe nie, hulle sal nie meer ’n volk wees nie.

9. Peka is ook nie belangrik nie. Hy is nie ’n koning van die nageslag van Dawid nie. Hy is net die hoof van Samaria, en Samaria is die hoofstad van Efraim, Jerusalem is nie die hoofstad van Efraim nie. Maar, Agas, as julle nie aanhou glo nie, dan sal julle nie aanhou lewe nie.”

’n Seun. Sy naam is Immanuel

10. Die Here het weer vir koning Agas ’n boodskap gestuur.

11. Hy het gesê Jesaja moet vir Agas sê: “Jy mag vir jou God die Here ’n teken vra, enige iets, in die doderyk of in die hemel.”

12. Maar Agas het gesê: “Ek sal nie vir die Here ’n teken vra nie, ek wil Hom nie toets nie.”

13. Jesaja sê toe: “Luister, julle wat van die nageslag van koning Dawid is, julle maak my moeg, en nou wil julle ook my God moeg maak.

14. Daarom sal die Here self vir julle ’n teken wys. Kyk, die jong vrou verwag ’n baba. Sy sal ’n seun kry en sy sal hom Immanuel noem.

15. Die seun sal dikmelk en heuning eet en hy sal leer om nie slegte dinge te doen nie. Hy sal net doen wat goed is.

16. “Voordat dit gebeur, sal daar nie meer mense wees in die lande van die twee konings vir wie jy bang is nie.

17. Agas, die Here sal julle laat swaarkry, jy en jou volk en jou familie. Daar sal dinge met julle gebeur wat nog nooit gebeur het nie, vandat die land Efraim en die land Juda nie meer een land is nie. Dit sal gebeur wanneer die koning van Assirië kom.

18. “Daardie dag sal die Here fluit vir die vlieë wat ver langs die riviere in Egipte is en vir die bye wat in die land Assirië is.

19. Hulle sal almal kom en gaan sit in die berge en in die grotte in die berge en op al die doringbosse en by al die plekke waar daar water is.

20. “Daardie dag sal die Here ’n skeermes anderkant die Eufraat-rivier huur, en Hy sal al julle hare afskeer: die hare op julle kop en op julle lyf, en ook julle baard. Die skeermes is die koning van Assirië.

21. “Daardie dag sal iemand net vir ’n jong koei en net vir twee skape of bokke kos gee,

22. maar hulle sal baie melk gee, so baie dat die man dikmelk sal hê om te eet. Ja, almal wat aanhou lewe in die land, sal dikmelk en heuning eet.

23. “Daardie dag sal elke plek wat vol wingerdstokke was en wat baie geld gekos het, vol dorings en bossies wees.

24. ’n Mens sal daarnatoe kan skiet met ’n pyl en boog, maar hy sal nie self daar kan ingaan nie, want die hele land sal vol dorings en bossies wees.

25. Al die berge sal vol dorings en bossies wees, die berge waar die mense voorheen geplant en gesaai het. Die mense sal bang wees om daar te kom. Dit sal ’n plek wees waar die mense hulle beeste injaag en waar die skape en bokke alles plat trap.”