hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 53 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hulle het gevra:“Wie het geglo wat ons gehoor het?Vir wie het die Here gewys Hy is sterk?

2. Hierdie man was soos ’n plantjiewat begin groei het,soos ’n wortel wat in droë grondbegin groei.Hy was soos ’n plantjiewat ons nie raaksien nie,’n plantjie wat nie mooi is nie.

3. Al die mense het gedinkhierdie man is nie belangrik nieen hulle wou hom nie sien nie.Hy het swaargekry en hy was altyd siek.Die mense het hulle gesig weggedraai,hulle wou nie na hom kyk nie.Die mense het gedinkhy is nie belangrik nie,en ons het gedink hy beteken niks.

4. Maar hy was sieksodat ons gesond kan wees,hy het swaargekrysodat ons nie sal swaarkry nie.En ons het gedink dit is Godwat hom strafen wat hom slaan en verneder.

5. Ja, dit is óns wat opstandig was,maar hulle het hóm met ’n spies gesteek.Dit is óns wat verkeerd gedoen het,maar hulle het hóm stukkend geslaan.Hy het die straf gekrysodat dit goed kan gaan met óns,hy het seergekrysodat óns gesond kan wees.

6. Ons almal het soos skape en bokke rondgeloop,elkeen het geloop waar hy wou loop.Ons almal het verkeerd gedoen,maar die Here het daardie man gestraf.

7. Die mense het hom verdruk en seergemaak,maar hy het niks gesê nie.Hy was soos ’n skaapwanneer iemand hom wil slagof wanneer iemand sy wol afskeer,hy het stilgebly en niks gesê nie.

8. Hy was ’n gevangene,hulle het gesê hy is skuldig.Was iemand bekommerdoor hoe dit met hom sal gaan?Nee, niemand nie.Hulle het hom afgesnyvan die mense wat lewe,hulle het hom laat swaarkryomdat sy volk opstandig was.

9. Hulle het vir hom ’n graf gereedgemaakby skuldige mense,en toe hy sterf, het hulle hom begraweby mense wat ander mense se goedgevat het en ryk geword het.Maar hy het niemand seergemaak nieen hy het niemand bedrieg nie.

10. Die Here het besluitdat die dienaar moet seerkry en siek word.Die Here het gesê hy is ’n skuld-offer.Daarom sal hy lank lewe en ’n nageslag hê.Die Here sal sy dienaar gebruikom te doen wat die Here wil doen.”

11. Die Here sê:“My dienaar het baie swaar gekry,maar hy sal lewe en tevrede weesdat hy My ken.My dienaar is nie skuldig nie,hy is regverdig,en hy sal belangrike mense regverdig maak,want hy sal die straf kry vir alleswat hulle verkeerd gedoen het.

12. Daarom sal Ek vir hom ’n plek geeby die belangrike mense.Hy sal saam met die leiers besluithoeveel goed elkeen moet kryná die oorlog.Ek sal dit doen omdat hy tevrede wasom te sterf toe almal gedink hetdat hy een van die opstandige mense is.Hy het die straf gekry vir die sondevan die belangrike mense,en hy het gebid vir die mensewat opstandig was.”