hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 61 Bybel vir Almal (ABA)

Goeie nuus vir mense wat swaarkry

1. Dit is die Gees van die Herewat my lei, Hy wat Here is,want die Here het my gesalf.Hy het my gestuurom goeie nuus te bringvir mense wat swaarkry,om mense te trooswat huil en treur,om vir gevangeneswat geboei is, te sêhulle is vry, hulle mag uitgaan.

2. Ek moet vir almal sêdit is nou die tyd wanneer die Heregoed sal wees vir ons.Ons God sal sy vyande strafmaar Hy sal dit goed laat gaanmet almal wat nou huil en treur.

3. Hy sal alles verandervir die mense van Sion wat nou treur.Daar is nou as op julle koppe,maar julle sal blomme op julle koppe hê.Julle treur nou,maar julle sal bly weesen julle sal olyf-olie aan julle smeer.Julle voel nou baie hartseer,maar julle sal singen fees-klere aantrek.Ander mense sal sê julle,die mense van Sion,is bome wat regtig issoos die Here wil hêhulle moet wees.Die Here het hulle geplantom Hom te eer.

4. Julle sal die stede weer bou,die stede wat nou net hope klippe is,die plekke wat lank gelede verwoes isen wat baie jare lank so stukkend gelê het.

5. Mense uit ander lande sal vir julle werk.Hulle sal julle skape en bokke oppasen in julle lande en wingerde werk.

6. Julle self sal priesters van die Here wees,mense wat vir ons God werk.Die duur en mooi dinge van die volkesal aan julle behoort,en julle sal dit geniet en lekker eet.

7. Ander mense het julle vernederen hulle het gesê julle beteken niks,maar julle sal twee maal meer kryas wat julle voorheen gehad het,en mense sal sê julle is baie belangrik.Julle sal in julle land twee maal meer hêas ander menseen julle sal altyd bly wees.

8. Die Here sê: “Ek, die Here,is lief vir wat reg is,maar Ek haat mensewat ander mense se goed steelen wat nie reg doen aan hulle nie.Ek sal alles vir my volk geewat Ek vir hulle belowe het,Ek sal ’n verbond met hulle maak,’n verbond wat altyd sal aanhou.

9. Die ander volke sal die nageslag van my volk ken.Almal wat die mense van hierdie geslag sien,sal weet die Here seën hulle.”

10. Die Here het my baie bly gemaak,my God het my laat juig.Hy het my gered en gesêek mag weer aan Hom behoort.Hy het vir my fees-klere aangetrek,ek is soos ’n bruidegomwat ’n kroon dra soos ’n priester,ek is soos ’n bruidwat haar juwele aansit.

11. Daar kom nuwe bome uit die aarde,daar groei nuwe plante in ’n tuin,so sal die Here alles laat groeiwat reg is.Ja, Hy sal al hierdie dinge doen.Al die volke sal hoorhoe prys sy mense Hom.