hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 51 Bybel vir Almal (ABA)

Ek sal dit weer goed laat gaan met Sion

1. Die Here sê:“Julle wat wil reg doen,julle moet luister na My.Julle wat My wil dien,julle moet onthouvan waar julle kom.

2. Julle moet dinkaan julle voorvader Abrahamen aan Sara, julle is uit haar gebore.Abraham was alleentoe Ek hom geroep het,en Ek het hom geseën,Ek het vir hom ’n groot nageslag gegee.

3. Regtig, Ek sal dit weer goed laat gaan met Sion.Die stad is nou net hope klippe,maar Ek sal dit weer daar goed laat gaan.Dit lyk nou soos ’n woestyn,maar Ek sal dit laat word soos die tuin in Eden.Dit lyk nou soos ’n droë stuk grond,maar dit sal word soos die tuin van die Here.Die mense in die stad sal vrolik en bly wees.Hulle sal sing en hulle sal vir My dankie sê.”

Dit is nou die tyd wanneer Ek julle wil red

4. “My volk, julle moet luister na My.Al die mense wat aan My behoort,julle moet hoor wat Ek sê.Ek wil vir julle leer wat julle moet doenen Ek wil hê al die volkemoet weet dat Ek reg besluit.Dit moet vir hulle die lig wees.

5. Dit is nou die tydwanneer Ek wil doen wat reg is,Ek wil julle nou red.Ek regeer oor al die volke.Die mense in die lande langs die seewag ook dat Ek oor hulle moet regeer.

6. Kyk na die lug daarboen na die aarde hier onder.Die lug sal verdwyn soos rook,die aarde sal word soos ou klere,en die mense op die aardesal sterf soos muggies.Maar Ek sal julle red,julle sal altyd Myne wees.Ek sal nooit ophou om reg te doen nie.

7. “My volk, julle weet wat reg is,julle weet wat Ek wil hê,julle moet luister na My.Julle moenie bang weeswanneer mense julle spot nie,julle moenie skrikwanneer mense sleg praat van julle nie.

8. Dit sal met hulle gaansoos met ou klere en wolwanneer motte dit vreet.Maar Ek sal altyd reg doen,en Ek sal mense red,die mense van elke geslag.”

Die Israeliete sal nou terugkom

9. Here, U moet wakker word,U moet wakker word.U moet weer sterk wees.U moet wakker word soos in die tydtoe alles begin het,lank, lank gelede.Dit is U wat vir Rahab stukkend gekap het,dit is U wat vir Tannin doodgesteek het.

10. Dit is U wat die see droog gemaak het,die water van die groot see.Dit is U wat deur die diep see’n pad gemaak hetsodat die Israeliete daar kon deurgaantoe U hulle vrygemaak het.

11. So sal die Israeliete nou terugkomwanneer U hulle vrymaak.Hulle sal juig en aanhou om bly te weeswanneer hulle in Sion kom.Hulle sal vrolik wees en lag,hulle sal nie meer bekommerd weesen nie meer sug nie.

Ek het vir die mense van Sion gesê: Julle is my volk

12. Die Here sê:“Dit is Ek wat dit weergoed sal laat gaan met julle.Hoekom is julle bang vir mensewat kan sterf?Hoekom is julle bang vir mensewat soos gras is en gou doodgaan?

13. Julle het My vergeet,Ek is die Here wat julle gemaak het.Ek het die hemeldak gemaaken Ek het die aarde op sy plek gesit.Nou hou julle aan om te bewevir die mense wat kwaad is vir julle,die mense wat vir julle verdruk en wat vir julle wil doodmaak.Maar waar is daardie mense nou,die mense wat kwaad was en wat vir julle verdruk het?Hulle verdruk julle nie meer nie.

14. Wanneer iemand ’n gevangene is,dan is hy haastig om vry te word.Hy wil nie sterf en afgaan na die doderyk nie,hy wil nie altyd honger wees nie.

15. Ek is julle God die Here wat die water in die see roersodat die branders wild word.My Naam is die Here wat oor alles regeer.

16. Ek het my woorde in jou mond gesiten Ek het jou toegemaak in die skaduwee van my hand.Ek het die hemeldak gemaaken Ek het die aarde op sy plek gesit.Ek het vir die mense van Sion gesê:Julle is my volk.”

Ek vat die beker uit jou hand

17. Jerusalem, jy moet wakker word,jy moet wakker word en opstaan.Die Here was kwaad vir jou.Hy het jou laat drink uit die beker,die beker van swaarkrywat jou dronk gemaak het.Jy moes die beker leegdrink.

18. Die Here sê:“Jerusalem, jy was soos ’n vrouwat baie kinders gekry het,maar nie een kind het laterhaar hand geneem en haar gelei nie.

19. Twee dinge het met jou gebeur,en niemand was jammer vir jou nie.Die vyande het jou seergemaaken stukkend geslaan.Die vyande het jou mense laat honger worden het hulle doodgemaak.Wat moet Ek doen sodat dit weergoed kan gaan met jou?

20. Jou seuns het flou geval.Hulle het gelê waar die strateteen die stad se mure kom,soos wildsbokke wat in ’n vangnet gevang is.Dit het gebeur omdat die Here kwaad was,omdat jou God jou wou laat swaarkry.

21. Jy kan jouself nie help nie,daarom moet jy luister.Jy is dronk, maar nie van wyn nie.

22. Jou Here, jou God die Here, praat.Hy sal sy volk help.Hy sê: Kyk, Ek neem die beker uit jou hand,die beker wat jou dronk gemaak hetomdat Ek kwaad was vir jou.Jy moenie dit drink nie, jy mag dit los.

23. Maar Ek gee die beker vir die mensewat jou laat swaarkry het,die mense wat vir jou gesê het:‘Gaan lê, ons wil oor jou loop.’Jy moes word soos die grond,soos die strate waar die mense loop.”