hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 55 Bybel vir Almal (ABA)

Ek wil aanhou lief wees vir julle

1. Die Here sê:“Julle almal wat dors is,julle moet kom na die water.Julle wat nie geld het nie,julle moet kom koop en eet,julle moet wyn en melk kom koop,maar dit kos niks.

2. Hoekom betaal julle vir ietswat nie regtig kos is nie?Hoekom werk julle vir ietswat julle nie volmaak nie?Julle moet goed na my luistersodat julle iets kan eet wat goed is,sodat julle lekker kan eetvan die beste kos.

3. Luister en kom na My toe,luister sodat julle kan lewe.Ja, Ek wil ’n verbond maak met julle,’n verbond wat vir altyd sal wees.Ek wil aanhou lief wees vir jullesoos Ek lief was vir Dawid.

4. Want kyk, Ek het vir Dawid gesêhy moet vir die volke wys wie Ek is.Ek het hom ’n koning gemaakwat oor die volke regeer het.

5. En kyk, julle sal ’n volk roepwat julle nie ken nie,’n volk wat julle nie ken nie,sal na julle toe hardloop.Want Ek is julle God die Here,die Heilige God van Israel,en Ek gee weer eer vir julle.”

6. Julle moet vir die Here vrawat Hy wil hê,Hy wil dit vir julle sê.Julle moet tot Hom bid,Hy wil hoor wat julle sê.

7. Die mense wat verkeerd doen,die mense wat slegte planne het,moet ophou.Hulle moet hulle planne los,en hulle moet terugkomna die Here, na ons God,want die Here is genadig,Hy vergewe altyd weer.

8. “Ja, Ek dink nie soos julle dink nie,en Ek doen nie soos julle doen nie.

9. Ja, wat Ek dink en doen,is ver bo wat julle dink en doen,soos die hemel ver bo die aarde is.

10. Ja, die reën en die sneeukom uit die hemelen dit gaan nie terug na die hemel nie.Dit maak die aarde nat,en daar groei plante wat saad geesodat die man wat wil saai, saad heten sodat die man wat wil eet, brood het.

11. So sal my woorde weeswat uit my mond kom,dit sal doen wat Ek wil hê.My woorde sal doen wat Ek gesê hethulle moet doen,my woorde sal nie leegna My toe terugkom nie.

12. Ja, julle sal bly weeswanneer julle uit Babel kom,julle sal vrede hê wanneer die Herejulle terugbring.Die berge en die heuwelssal bly wees en juig,al die bome in die veld sal hande klapwanneer hulle sien julle kom.

13. Daar sal sipresbome en mirtebome groeiwaar voorheen doringbosseen brandnetels was,en almal sal altyd weetdat die Here dit gedoen het.”