hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 35 Bybel vir Almal (ABA)

Ons God sal kom

1. Die droë woestynsal bly wees en juig,daar sal blomme groeiin die woestyn.

2. Daar sal oral blomme wees,die woestyn sal juig,meer nog, hy sal sing.Die woestyn sal so mooi weessoos die Libanon-bergof soos die Karmel-bergen die Saron-vlakte.Almal sal siendat die Here die Koning is,hulle sal sien dat ons God kom,hulle sal die lig rondom Hom sien.

3. Mense se hande hang papen hulle knieë bewe,maar julle moet hullesterk maak en help.

4. Sê vir die mense wat moedeloos is:“Julle moet sterk wees,julle moenie bang wees nie.Kyk, julle God sal kom,Hy kom om die vyande te strafomdat hulle slegte dingeaan julle gedoen het.Julle God komen Hy sal julle red.”

5. Dan sal die blinde menseweer kan sien,en die dowe mensesal weer kan hoor.

6. Dan sal lam mensesoos ’n takbok spring,en stom mense sal sing,want in die woestynsal daar fonteine wees,en riviere wat vol water is.

7. Grond wat droog geword hetin die son,sal vol water wees.Daar sal fonteine weeswaar daar niks water was nie.Daar sal gras, riete en biesies groeiwaar daar net jakkalse was.

8. Daar sal ’n pad wees,en die mense sal die pad noem “Gewyde Pad.” Onrein mense en dwasesal nie op hierdie pad loop nie,net mense wat reg lewe, sal daar loop.

9. Leeus en ander wilde dieresal nie op die pad loop nie.Die Here het mense gered,en net hulle sal daar loop.

10. Die Here het sy mense vrygemaak,en hulle sal singwanneer hulle in Sion kom.Hulle sal vrolik en bly wees,hulle sal nie swaarkryen huil nie.