hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 42 Bybel vir Almal (ABA)

Hier is my dienaar

1. Die Here sê: “Hier is my dienaar,Ek hou hom vas,Ek het hom gekies en Ek is lief vir hom.Ek het my Gees in hom laat kom.My dienaar sal vir die volke gaan sêwat Ek wil hê hulle moet doen.

2. Hy sal nie vra dat iemand hom moet help nie,hy sal nie hard praat nie,hy sal nie skree in die straat nie.

3. Hy sal nie ’n riet breek wat klaar stukkend is nie,hy sal nie ’n vlam doodblaas wat dof brand nie.Hy sal seker maak dat almal weetwat Ek wil hê hulle moet doen.

4. Hy sal wees soos ’n vlam wat niemand sal doodblaas nie,’n riet wat niemand sal breek nie,totdat hy vir almal op die aarde gesê hetwat Ek wil hê hulle moet doen.Ook die mense wat in die ver lande by die see woon,wag om te hoor wat hy vir hulle sal leer.”

5. God het gepraat.Hy is die Here wat die hemeldak gemaak heten wat dit soos ’n tent styfgetrek het.Hy is die Here wat die aarde gemaak heten alles wat uit die aarde kom.Hy is die Here wat asem en lewe gee aan die mensewat op die aarde is.Hy het gesê:

6. “Ek, die Here, het jou geroep om te doen wat Ek wil hê,en Ek hou jou hand vas en Ek beskerm jou.Jy moet my verbond wees met my volk,jy moet die lig wees vir die ander volke.

7. Jy moet blinde mense weer laat sienen jy moet die mense laat uitkom wat in donker tronke is.

8. Ek is die Here, dit is my Naam.Die mense moet My eer, hulle moet niemand anders eer nie.Hulle moet My prys, hulle moenie die beelde van gode prys nie.

9. Alles het gebeur wat Ek voorheen gesê het,en nou sê Ek wat later nog sal gebeur.Ek sê dit vir julle voordat dit begin gebeur.”

Hulle moet ’n nuwe lied sing vir die Here

10. Hulle moet ’n nuwe lied sing vir die Here,almal in die wêreld moet Hom prys,die mense op die see en alles in die see,en die mense wat ver van hier langs die see woon.

11. Die mense in die woestynen in die stede in die woestyn,moet die Here prys,die mense in die stede van die land Kedar.Die mense moet juig wat in Sela woon,hoog op die berg,hulle moet op die berge staan en skree.

12. Hulle moet die Here eer,die mense wat ver van hierlangs die see woon, moet Hom prys.

Ek maak die pad vir hulle gelyk

13. Die Here kom soos ’n soldaat wat wil oorlog maak,Hy skree en Hy oorwin sy vyande.

14. Die Here sê: “Ek het lank stilgebly,Ek het nie gepraat nie.Maar nou skree Ek hard,Ek haal vinnig asem,soos ’n vrou wat ’n baba kry.

15. Ek laat al die groen plante droog wordop die berge en heuwels,Ek laat die riviere en die riet-moerasse droog word.

16. Ek laat blinde mense loopop ’n pad wat hulle nie geken het nie,Ek lei hulle na plekke waarvan hulle niegeweet het nie.Ek verander die donker voor hulle,Ek maak dit lig,Ek maak die pad vir hulle gelyk.Dit is die dinge wat Ek doen,Ek sal aanhou om dit te doen.

17. Die mense wat dink dat beelde hulle kan help,en wat vir die beelde sê: ‘Julle is ons gode,’daardie mense sal teleurgesteld wees,hulle sal nie weet wat om te doen nie.”

Niemand is so blind soos die dienaars van die Here nie

18. “Julle wat nie wil hoor nie, julle moet luister,julle wat nie wil sien nie, julle moet kyk en sien.

19. My dienaars, my boodskapperwat Ek stuur, is blind en doof,niemand is so blind en so doof soos hulle nie.Niemand is so blind soos die volk wat Ek gestraf het nie,niemand is so blind soos die dienaars van die Here nie.

20. Hulle het baie gesien en gehoor,maar hulle het gemaak of hulle niks sien of hoor nie.

21. Die Here wou hê hulle moet doen wat Hy wil hê.Daarom is sy wette belangrik, Hy het dit vir hulle verduidelik.

22. Maar hulle het ’n volk geword wat uit hulle land moes gaan,die vyande het hulle toegesluit in gate en tronke.Die vyande het hulle weggevat, en niemand het dit gekeer nie,niemand het gesê dat die vyande hulle moet teruggee nie.

23. Is daar iemand wat luister?Hoor iemand wat Ek nou sê?

24. Wie het gesê die vyande kan ons, die Israeliete, wegvat?Ons is die nageslag van Jakob.Dit is die Here wat dit gesê het.Ons het sonde gedoen teen Hom,ons het nie gelewe soos Hy wil hê nie,ons het nie gedoen wat Hy vir ons geleer het nie.

25. Daarom het die Here baie kwaad geword vir die Israeliete.Hy het vyande laat kom om oorlog te maak teen sy volk.Die vlamme het hulle gebrand van al die kante,maar hulle het nie besef hoekom dit gebeur nie.”