hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 27 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daardie dag sal die Heredie vinnige slang doodmaak.Hy sal die Leviatan doodmaak,die slang wat rondswem,die monster in die see.Die Here sal sy skerp, groot,sterk swaard vaten Hy sal die slang doodkap.

My volk moet vrede maak met My

2. Daardie dag moet julle singoor die mooi wingerdvan die Here,julle moet sing oor sy volk.

3. Ek, die Here, pas my wingerd op,Ek gee die wingerd altyd water.Ek pas die wingerd elke dag en nag op,sodat niemand dit kan verwoes nie.

4. Ek is nie meer kwaad nie,maar wanneer Ek dorings en bossiesin my wingerd kry,dan trap Ek self die wingerd platen Ek steek dit aan die brand,en ook die dorings en bossies.

5. As my volk nie wil hêEk moet dit doen nie,dan moet hulle vrede maak met My.Hulle moet vrede maak met Myen hulle moet in my tempel kom vradat Ek hulle moet beskerm.

6. Die tyd sal later komwanneer die mense van Israelsoos bome sal weeswat wortels het en watblomme en vrugte dra.Die vrugte sal baie wees,die aarde sal vol vrugte wees.

7. Die Here het die mensevan Israel gestraf,maar Hy het hulle vyandenog meer gestraf.Hy het party van die mensevan Israel doodgemaak,maar Hy het nog meer van hullemoordenaars doodgemaak.

8. Die Here straf die mensevan Israel op ’n ander manier,Hy het hulle weggestuuruit hulle land.Toe die warm oostewind waai,het die Here hulle weggewaaimet ’n sterk wind.

9. Daarom, as die mensevan Israel nou wil hêdat die Here hulle sondemoet vergewe,dan moet hulle al die altare stukkend slaan.Hulle moet dit fynslaansoos wanneer ’n menskalk-klip fynstamp.Daar moenie meer gewyde paleen wierook-altare wees nie.

Eendag sal die Here julle bymekaarmaak

10. Die mense van Israel moetdie altare stukkend slaan,want die stad is nou alleen,die stad wat die sterk mure het.Daar woon nie meer mense nie,dit is so leeg soos die woestyn.Daar wei beestewat die bossies vreet.

11. Die bome se takke is droog,vroue breek dit af en hulle maak vuur.Dit het gebeur met die mensevan Israel.Hulle wou nie lewe soosdie Here wou hê nie,daarom was hulle Makernie jammer vir hulle nie.Hy is nie meer goed vir hulle nie.

12. Maar, mense van Israel,eendag sal die Here julle bymekaarmaakvan die Eufraat-riviertot by Egipte-spruit.Hy sal julle optel soos ’n mens koring-are optel,Hy sal een na die ander optel,nie almal saam nie.

13. Daardie dag sal iemanddie groot ramshoring blaas.Al die mense van Israelwat oral in Assirië en Egipte is,sal kom en hulle salvoor die Here buigop die gewyde bergin Jerusalem.