hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 48 Bybel vir Almal (ABA)

Van nou af sal julle nuwe dinge by My hoor

1. Die Here sê: “Nageslag van Jakob,julle wat julleself Israel noemen wat uit die Juda-stam kom,julle moet luister na wat Ek sê.Julle noem die Naam van die Herewanneer julle dinge belowe.Julle sê julle dien die God van Israel,maar julle doen dit nie regtig nie.

2. Julle noem julleself die mensevan die gewyde staden julle dink die God van Israelsal julle help.Sy Naam is die Here wat oor alles regeer.

3. Maar Ek het lank gelede gesê wat sal gebeur.Ek het dit gesê en Ek het dit gedoen.Dit het skielik gebeur.

4. Ek het geweet julle is hardkoppig.Julle koppe is so hardsoos yster en brons.

5. Daarom het Ek lank gelede vir julle gesêwat met julle sal gebeur.Julle kan nie sê dat julle afgodehierdie dinge laat gebeur het nie,die beelde wat julle self gemaak het,het dit nie laat gebeur nie.

6. Julle het gehoor wat Ek gesê het,julle het gesien wat gebeur.Julle moet sê: ‘Ja, dit is waar.’Van nou af sal Ek nuwe dinge vir julle sê,dinge wat Ek nie voorheen gesê het nie,dinge wat julle nie geweet het nie.

7. Dit is dinge wat Ek nou sal doen.Ek het dit nie voorheen gedoen nieen Ek het dit nie vir julle gesê nie.Julle kan nie sêdat julle hierdie dinge klaar weet nie.

8. Julle het dit nie gehoor nieen nie geweet nie.Ek het dit nie vir julle gesê nieomdat Ek weet julle is baie ontrouen julle was altyd opstandig.

9. Ek het geduldig gebly.Hoekom?Omdat my Naam die Here is.Ek het julle nie laat sterf nie,want Ek wil hê mense moet My eer.

10. ’n Mens smelt silwer om dit skoon te maak,so het Ek julle in die smelt-oond van swaarkryskoongemaak.

11. Ek het dit gedoen omdat Ek die Here is.Ek sal niks laat ontwywat aan My behoort nie,Ek gee nie vir iemand andersdie eer wat Ek moet kry nie.

12. “Nageslag van Jakob,Israeliete, Ek het julle geroep,julle moet luister na wat Ek sê.Ek is die Here,Ek is die eerste, Ek is ook die laaste.

13. Ek het die aarde op sy plek neergesiten Ek het die hemeldak gemaaken Ek het dit styfgetrek soos ’n tent.Ek het gesê die aarde en die hemeldakmoet daar wees, en toe was hulle daar.

14. Nou moet julle almal bymekaarkom en luister.Wie het gesê hierdie dinge sal gebeur?Nie julle gode nie!Ek, die Here, stuur die man van wie Ek hou,hy moet met die stad Babel en sy mensedoen wat Ek wil hê.

15. Dit is Ek wat gepraat het en wat die man geroep het.Ek het gesê hy moet kom,en hy sal kan doen wat hy moet doen.

16. Julle moet nader kom en luister na wat Ek sê.Ek het dit van die begin af vir julle gesê,Ek was daar toe dit begin gebeur het.”Die Here het my gestuur,Hy het vir my en sy Gees gestuur.

Julle moet uitgaan uit Babel

17. Ek moet sê dit is die Here wat praat.Hy is die Heilige God van Israelwat vir julle wil vrymaak.Hy sê: “Ek is julle God die Herewat vir julle leer om te doenwat julle moet doen,en Ek lei julle op die padwaar julle moet loop.

18. As julle gedoen hetwat Ek vir julle gesê het,dan sou dit goed gegaan het met julle.Dan sou alles weer reg gewees het.Dit sou gewees het soos ’n rivier wat vloeiof soos die branders van die see.

19. Julle nageslag souso baie gewees het soos sand,en wanneer vyande julle wou doodmaak,dan sou Ek hulle gekeer het.

20. Julle moet uitgaan uit die stad Babel,julle moet vlug.Julle moet juig en hard skree,so hard dat al die mense op die aarde dit hoor.Julle moet sê: ‘Die Here het sy dienaars,die nageslag van Jakob, vrygemaak.

21. Hulle het nie dors gewordtoe hulle deur droë plekke geloop het nie.Die Here het vir hulle water uit ’n rots laat vloei.Hy het die rots oopgebreek,en die water het daaruit gestroom.’

22. Maar dit sal nie goed gaanmet die mense wat verkeerd doen nie.Dit het die Here gesê.”