hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 21 Bybel vir Almal (ABA)

Babel se mure het geval

1. Die Here was kwaad en Hy het gepraat teen die land in die woestyn.Die vyande kom uit die woestynsoos stormwinde wat alles wegwaai in die Suid-land.Die vyande kom van daardie land,en almal is bang vir die mensevan die land.

2. Ek het gesiendaar gaan ’n vreeslike ding gebeur.Ek het gesienmense verraai vir Babelen hulle verwoes die land.Kom, mense van Elam en Medië,julle moet kom,en julle moet die stad aanvalvan al die kante.Die Here wil hêdie swaarkry moet ophou.

3. Wanneer ek hoor en sien wat sal gebeur,dan kry ek pyne soos ’n vrouwat ’n baba kry,ek buig krom en ek skrik.

4. Ek weet nie wat om te doen nie,ek word baie bang.Ek was altyd blywanneer dit aand word,maar nou is ek bangwanneer die donker kom.

5. Ek sien die bediendes dek die tafelen gooi die matte oop,en die amptenare van Babeleet en drink.En dan roep iemand en hy sê:“Staan op, amptenare,smeer julle skilde met olyf-olie.”

6. Ja, die Here het vir my gesêek moet ’n wag op die muur laat staan,en hy moet kyk en vertel wat hy sien,

7. en wanneer hy oorlogkarre sienmet perde of donkies of kamele,dan moet hy baie goed kyk.

8. Die wag het gesê:“Meneer, ek het die hele dagen die hele nag gekyk.

9. Ek sien daar kom ’n oorlogkar met perde,en daar is mense op die oorlogkar.”Toe die wag weer praat, het hy gesê:“Die mure van Babel het omgeval!Al die afgodsbeelde van die stadlê stukkend op die grond.”

10. My volk, die vyande het op julle getrapsoos ’n mens die koringop die dorsvloer trap.Ek het vir julle gesêwat ek gehoor hetby die Here wat oor alles regeer,die God van Israel.

Die Edomiete

11. Die Here is kwaad vir die Edomiete. Hy het oor hulle gepraat.Iemand praat met my uit Seïr.Hy vra vir die wag:“Wanneer is die nag verby,wanneer is die nag verby?”

12. Die wag het geantwoord:“Die môre kom,en die nag sal ook weer kom.As jy weer wil vra,dan kan jy weer kom en weer vra.”

Die Arabiere

13. Die Here is kwaad vir die Arabiere. Hy het gesê:“Julle, handelaarswat van die land Dedan kom,julle moet in die bos slaapin Arabië.

14. Julle wat in die land Teman woon,julle moet water bringvir die mense wat dors isen julle moet brood geevir die mense wat vlug.

15. Hulle vlug vir die swaarde,vir die swaard en die pyl en boogvan hulle vyande.Hulle vlug wegvan ’n wrede oorlog.”

16. Ja, die Here het vir my gesê:“Oor ’n jaar sal die mense van die land Kedarnie meer ryk wees nie.In hierdie jaar sal hulle so swaar krysoos ’n dagloner.

17. Min soldate van Kedarsal nog lewe.”Ja, die Here, die God van Israel,het dit gesê.