hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 29 Bybel vir Almal (ABA)

Dit sal sleg gaan met Jerusalem

1. Die Here sê:Dit sal sleg gaan met Jerusalem,die stad waar Ek wil vuurmaak,die stad waar Dawid sy tenteopgeslaan het.Die jare komen die jare gaan verby,en die mense in die stadhou aan om fees te vier.

2. Maar Ek sal die stad laat swaarkry,en die mense sal huil en treur.Die stad sal vir My die plek weeswaar Ek vuurmaak.

3. Ek sal die tente van my soldateopslaan rondom die stad,en Ek sal torings bouen groot hope grond teen die stadse mure gooisodat die soldate oor die muurin die stad kan kom.

4. Die vyande sal die stad verwoes.Die mense in die stad sal sterf.Hulle sal sag uit die grond praatsoos ’n spook wat fluister.

5. Die wrede mense wat ander menseverdruk het in die stad,sal soos fyn stof word,soos kaf wat wegwaai.Dit sal skielik gebeur,so vinnig soos ’n mens sy oog knip.

6. Dit is die Here wat dit sal doen,die Here wat oor alles regeer.Hy sal die mense in die stad straf.Daar sal donderweer weesen aardbewings.Dit sal raas.Daar sal storms en donderweer wees,en daar sal baie vure wees.

7. Die mense in die stadsal dink hulle droomwanneer die baie volke Jerusalem aanval,wanneer hulle van al die kantedie sterk mure van die stad aanval.

8. Maar dit sal sleg gaanmet hierdie baie volkewat die Sionsberg aanval.Dit sal met hulle gaan soos met ’n manwat honger en dors is:Hy droom dat hy eet,maar wanneer hy wakker word,dan is hy nog honger.Hy droom dat hy water drink,maar wanneer hy wakker word,dan is hy nog dors en swak.

Julle kan nie verstaan wat die Here vir julle sê nie

9. Leiers van Jerusalem,julle weet nie wat om te sê nie,julle is stom.Julle weet nie wat julle sien nie,julle is blind.Julle het nie wyn of bier gedrink niemaar julle is dronken julle loop val-val.

10. Julle is so,want die Here het julle gemaaksoos mense wat slaap.Hy het julle oë en julle koppe toegemaak.Julle oë was die profeteen julle koppe was die sieners.

11. Nou kan julle nie verstaanwat die Here vir julle sê nie.Dit is soos ’n boekwat toegemaak en verseël is.Jy gee dit vir iemand wat kan lees,en jy sê vir hom:“Lees asseblief wat in die boekgeskryf is,”en hy sê: “Ek kan dit nie lees nie,want die boek is verseël.”

12. Of jy gee die boek vir iemandwat nie kan lees nie,en jy sê vir hom:“Lees asseblief,”en hy sê: “Ek kan nie lees nie.”

Die slim mense sal nie verstaan nie

13. Die Here het gesê:“Hierdie volk kom dien Mymet hulle mond, met hulle woorde.Hulle eer My met die woordewat hulle sê,maar hulle hart is ver van My.Daarom probeer hulle My dienmet wette wat mense gemaak het,dit is nie Ek wat daardie wette gemaak het nie.

14. Dit is hoekom Ek noumet hierdie volk iets sal doenwat hulle sal skok.Hulle sal nie weet wat gebeur nie.Die slim mense wat dinkhulle weet alles,sal nie verstaan nie.”

Julle dink verkeerd

15. Dit sal sleg gaan met mensewat dink hulle kan hulle plannewegsteek sodat die Here dit nie uitvind nie.Dit sal sleg gaan met mensewat dinge in die donker doenen wat dink die Here sien hulle nie,hulle dink die Here weet nie wat hulle doen nie.

16. Julle dink verkeerd!Julle dink die pottebakker is die klei.Die kleipot kan nie vir die pottebakker sê:“Jy het my nie gemaak nie,en jy verstaan my nie.”

Alles sal verander oor ’n kort tydjie

17. Dit sal nie lank wees nie,dan sal alles verander:Die bome in die Libanon-bossal vrugtebome worden op die Karmel-bergsal ’n bos bome groei.

18. Daar is mense wat nou doof is,maar daardie dag sal hulle die woorde hoorwat geskryf is in die boekwat verseël was,en die blindes sal kan sien,hulle sal nie meerin die donker wees nie.

19. Die arm mense wat nou swaarkry,sal dan weer bly weesomdat die Here by hulle is,die Heilige God van Israel.

20. Want daar sal nie meerwrede mense wees wat spoten wat aanhou verkeerd doen nie.Hulle sal sterf.

21. Dit is die mense wat sê iemandwat niks verkeerd gedoen het nie,het verkeerd gedoen.Hulle keer wanneer iemanddie mense wil strafwat verkeerd doen,hulle wil mense straf wat reg lewe.

22. Daarom praat die Heremet die nageslag van Jakob.Die Here wat vir Abraham gered het, sê:“Die volk Israel sal nie meer skaam wees nie,hulle sal weet wat om te doen.

23. Ja, wanneer hulle sienhoe baie hulle geword het,dan sal hulle my heilige Naam eer.Hulle sal My eer en dien.Ek is die heilige God,die God van Israel.

24. Party mense se koppe is nou deurmekaar,maar hulle almal sal dan verstaan,almal wat nou ontevrede is en kla,sal dan graag wil leer.”