hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 3 Bybel vir Almal (ABA)

Alles wat hulle sê en doen, is téén die Here

1. Die Here regeer oor alles.Die Here sal die belangrike mense wegvatuit die stad Jerusalem en uit die land Juda,almal wat vir die mense in die stad en die land sorg.Die Here sal dit doen.

2. Hy sal almal wegvat:die soldate, die mense wat weet hoe om oorlog te maak,die regters, die profete en die mensewat dink hulle weet wat ander mense nie kan weet nie, die leiers,

3. die offisiere, die amptenarewat naby die koning is,die raadgewers van die koning, die goeie ambagsmanne,en die towenaars.

4. Ek sal vir hulle amptenare gee wat jong seuns is,seuns wat sal doen wat hulle wil.

5. Dan sal die mense met mekaar begin baklei.Die jongmense sal parmantig wees met die oumense,en die onbelangrike mense sal parmantig weesmet die belangrike mense.

6. ’n Man sal sy broer gryp in sy pa se huis en vir hom sê:“Jy moet ons leier wees, want jy het mooi klere.Jy moet regeer oor hierdie stad wat nou ’n hoop klippe is.”

7. Maar die broer sal sê: “Nee, ek wil nie julle leier wees nie,ek het nie kos en mooi klere in my huis nie,julle moet my nie die leier van die mense maak nie.”

8. Ja, Jerusalem is nou ’n hoop klippe,en die land Juda is verwoes,want alles wat die mense sê en doen, is téén die Here.Hulle wil nie luister na die Here nie.

9. In die poort doen hulle nie reg aan die arm mense nie,en hulle maak soos die mense van Sodom.Hulle is nie skaam oor hulle sonde nie.Dit sal sleg gaan met hulle,hulle hou aan om sonde te doen totdat die Here hulle straf.

10. En vir die mense wat reg doen, moet julle sê:“Dit sal baie goed gaan met julle,want julle het goed gedoen.”

11. Maar dit sal sleg gaan met die mense wat verkeerd doen, baie sleg,want hulle hou aan om sonde te doen totdat die Here hulle straf.

Die Here sal die leiers na die poort vat

12. Die Here sê: “Kinders en vroue verdruk my volken hulle regeer oor my volk.Die mense wat vir my volk die regte pad moet wys,laat hulle verdwaal.”

13. Die Here is die Regter, Hy wil die volke straf.

14. Die Here bring die leiers en die amptenare van sy volkna die poorten Hy sê: “Julle het my volk se druiwe gepluken die goed gevat van die mensewat hulleself nie kan help nie.

15. Hoekom doen julle slegte dingeaan my volk?Hoekom verdruk julle die mensewat hulleself nie kan help nie?”Dit is wat die Here sê, die Here wat oor alles regeer.

Die vroue in Jerusalem

16. Die Here het ook gesê:Die vroue in Jerusalem is hoogmoedig.Hulle loop neus in die lug en swaai hulle heupe.Hulle kyk vir die mans en knip hulle oë,hulle skud die ringe om hulle enkels.

17. Maar die Here sal hulle koppe vol sere maak,en hulle hare sal uitval.

18. Daardie dag sal Hy hulle mooi goed wegvat:die ringe om hulle enkels en die juwelewat lyk soos die son en die maan,

19. die oor-ringe en die armbande en sluiers,

20. die kop-ringe en die kettings om hulle enkels,die mooi gordels om hulle lyf, die reukwater,die juwele om hulle nekke,

21. die ringe aan hulle vingers en die neusringe,

22. die mooi rokke, die doeke om hulle skouers, die handsakkies,

23. die spieëls, die lang rokke, die kopdoeke en die kort jassies.

24. Wanneer die Hereal die mooi goed weggevat het,dan sal die vroue nie meerlekker ruik nie, hulle sal stink.Hulle sal nie meer mooi gordels dra nie,hulle sal toue om hulle lyf dra.Hulle sal nie hulle hare kan vleg nie,want hulle sal kaalkop wees,hulle sal nie meer mooi klere dra nie,hulle sal rouklere dra.Hulle sal nie meer mooi wees nie,daar sal brandmerke op hulle lywe wees,want hulle sal slawe wees.

25. Die mans van Jerusalem, die soldate,sal in die oorlog sterf.

26. Die stad sal wees soos ’n vrouwat kaal op die grond sit en huil en treur.