hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 59 Bybel vir Almal (ABA)

Julle sondes staan tussen julle en julle God

1. Julle dink dit is die Herewat julle nie kan red nie,julle dink dit is Hywat julle nie kan hoor nie.

2. Maar dit is julle sondeswat tussen julle en julle God is.Dit is hoekom Hy julle nie wil hooren julle nie wil sien nie.

3. Julle het mense vermoor,daarom is julle onrein.Julle lieg en julle praat slegoor ander mense.

4. Daar is niemand wat eerlik praat nie,niemand wat regverdigoor mense oordeel nie.Hulle straf mense oor dingewat die mense nie gedoen het nie.Hulle laat mense swaarkrywat nie verkeerd gedoen het nie.

5. Hulle is soos mensewat slange se eiers uitbroei.As jy ’n slang se eiers eet,dan sal jy sterf,en as jy op die eiers druk,dan kom daar slange uit.Hulle is ook mensewat drade maak soos spinnekoppe,

6. maar hulle kan nie klere maakvan die drade nie,en hulle kan hulle niedaarmee toemaak nie.Alles wat hulle doen, is sonde,hulle hou aan om slegte dinge te doenaan mense.

7. Hulle doen graag slegte dinge,hulle maak graag mense dood.Hulle dink net aan verkeerde dingeom te doen,hulle verwoes en breek alleswaar hulle gaan.

8. Hulle weet nie hoe om vrede te maak nie,en ook nie hoe om reg te doenaan ander mense nie.Hulle lewe verkeerd,mense wat lewe soos hulle lewe,sal nie vrede hê nie.

Ons sondes wys ons is skuldig

9. Daarom is daar by onsniks wat reg is nie,en niemand by ons doen reg nie.Ons het gewag vir lig,maar daar is net donker,ons het gehoop die lig sal skyn,maar ons loop in die donker.

10. Ons vat-vat aan die muursoos blinde mense,ons voel rondom ons soos mensewat nie kan sien nie.Ons val in die helder dagsoos wanneer dit donker is.Ons is soos dooie mensetussen gesonde mense.

11. Ons brom almal soos bere,ons hou aan om te kla soos duiwe.Ons wag dat mense weerreg sal doen aan ons,ons wag dat iemand ons moet help,maar dit gebeur nie.

12. Dit is omdat onsso baie opstandig was teen U.Ons sondes wys ons is skuldig,ons weet ons was baie opstandig,ons ken ons sondes.

13. Ons was opstandig teen die Here,ons het gemaak of ons Hom nie ken nie,ons het weggedraai van ons God.Ons het planne gemaakom slegte dinge te doen aan menseen om opstandig te wees teen die Here.Ons het gedinkwatter leuens ons kan vertel.

14. Niemand van ons het reg gedoenaan ander mense nie,niemand was regverdig nie.Niemand het die waarheid gepraatin ons strate nie,daar was nie plek vir ietswat reg is nie.

15. Ja, almal het leuens vertel.Wanneer iemand opgehou hetom verkeerd te doen,dan het ander mense alles gevat wat hy het.Die Here het alles gesien.Hy was kwaad omdat niemandreg doen nie.

Die Bevryder sal na Sion kom

16. Hy het dit gesienen Hy was verbaasdat niemand iets wil doenom dit te verander nie.Daarom het Hy dit self gedoen,met sy eie krag.

17. Die Here het gereedgemaakom reg te doen en om ons te red,Hy wou sy vyande strafoor die dinge wat hulle gedoen het,want Hy was baie kwaad.

18. Hy sal sy vyande straf,ook die vyande in die ver landelangs die see,want Hy is kwaad oor alleswat hulle gedoen het aan sy volk.

19. Al die mense,van die weste tot die ooste,sal bang wordwanneer hulle die Naam van die Here hoor,want hulle sal weet Hy is die Koning.Hy sal kom soos ’n vol rivieren soos ’n stormwind.

20. Die Bevryder sal na Sion kom,na die mense in Judawat ophou om opstandig te wees.Dit sê die Here.

21. Die Here sê: “Ek belowe dat my Gees en my woordeby julle sal bly,en ook by julle nageslag, nou en altyd.”