hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 54 Bybel vir Almal (ABA)

My liefde vir jou sal nie verdwyn nie

1. Die Here sê:“Jerusalem, jy is soos ’n vrouwat nie kinders kon kry nie,maar jy moet juig en baie bly wees,want jy wat alleen was,sal meer kinders hê as ’n getroude vrou.

2. Jy moet jou tent groter maak,jy moet die tentseile wyer maak,jy moet die toue langer maak,en jy moet jou tentpenne sterker maak.

3. Want jy sal groter word na al die kante toe,jou nageslag sal ander volke oorwinen hulle sal weer woon in die stedewaar nou niemand is nie.

4. Jy moenie bang wees nie,jy moenie dink jy beteken niks nie.Jy moenie skaam wees nie,want niemand sal jou weer verneder nie.Jy sal die tyd vergeettoe jy ’n jongmeisie wasen toe jy ’n weduwee was,toe ander mense jou gespot het.

5. Want die Een wat jou gemaak het,is jou Man,sy Naam is Here wat oor alles regeer.Jou Bevryderis die Heilige God van Israel,sy Naam is God van die hele aarde.”

6. Jerusalem, jou God sê:“Jy was soos ’n vrou,haar man wou haar nie meer hê nie.Toe Ek jou geroep het,was jy soos ’n vrou met wie ’n man getrou hettoe hy nog jonk was,maar later het hy haar weggejaag.Jy was baie hartseer.

7. Ek het jou ’n kort tydjie gelos,maar nou neem Ek jou weer terugen Ek is weer baie lief vir jou.

8. Ek het kwaad geworden Ek wou jou ’n kort tydjie nie sien nie,maar Ek sal weer jammer wees vir jouen Ek sal altyd lief wees vir jou.”Dit sê die Here wat jou vrymaak.

9. “Dit is vir My soos die watervloed van Noag. Ek het belowe dat die water van Noag nie weerdie aarde sal toemaak nie,en nou belowe Ek dat Ek nie sal aanhouom kwaad te wees vir jou nie.Ek belowe dat Ek nie sal aanhou raas met jou nie.

10. Ja, die berge en die heuwels sal verdwyn,maar my liefde vir jou sal nie verdwyn nie.Ek sal ook nie my verbond met jou breek nie,die verbond wat Ek met jou gemaak hettoe Ek belowe het dat Ek vir jou vrede sal gee.”Dit sê die Here wat jammer is vir jouen wat jou terugneem.

11. “Jerusalem, jy is ’n stadwat jouself nie kon help nie.Die stormwinde het oor jou gewaai,niemand het jou gehelp nie.Maar kyk, Ek bou jou klippe vasop mekaar met harde klei,Ek bou jou fondamente van saffier.

12. Ek maak jou torings van robyneen jou poorte van smarag,Ek bou jou muur van edelstene.

13. Al die mense wat in jou woon,sal leerlinge van die Here wees,en hulle sal vrede hê.

14. Jou mense sal reg doen.Jy moenie bang wees nie,niemand sal jou weer verdruk nie,jy sal nie weer skrik nie.

15. Wanneer iemand jou aanval,dan sal dit nie Ek weeswat hom gestuur het nie.Iemand wat jou aanval,sal self val en verloor.

16. Dit is Ek wat die ambagsmanne gemaak het,die ambagsmanne wat ’n houtskoolvuurwarm blaas en wat wapens maak.Dit is Ek wat die mense gemaak hetwat verwoes en afbreek.

17. Maar die wapenswat hulle maak om jou aan te val,sal niks kan doen nie,en jy sal wys dat elkeen wat jou vals beskuldig,self skuldig is.Dit sal Ek doen vir die mense wat My dien,Ek sal reg doen aan hulle.”Dit sê die Here.