hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 64 Bybel vir Almal (ABA)

1. U moet die hemel oopskeur en afkom,sodat die berge voor U bewe.

2. U moet kom soos ’n vuurwat hout aan die brand steek,’n vuur wat water laat kook.Dan sal u vyande u Naam kenen die volke sal voor U bewe.

3. Lank gelede het U wonderwerke gedoen,ons het nie gedink U sal dit doen nie.U het afgekom,en die berge het gebewe.

4. Ons het nooit voorheen van so ietsgehoor nie,niemand het ’n ander god gesienwat hierdie dinge doenvir die mense wat in hom glo nie.

5. U help graag die mensewat doen wat reg is,en wat bly is daaroor,die mense wat onthouhoe U wil hê hulle moet lewe.Maar U het kwaad gewordtoe ons sonde gedoen het.Sal U ons weer red?

6. Ons almal het soos onrein mense geword,alles wat ons reg probeer doen,is nog soos vuil klere.Ons almal is soos blarewat droog is en verlep heten ons sondes is soos ’n windwat ons wegwaai.

7. Niemand het U aanbid nie,niemand het probeerom vas te hou aan U nie.Daarom het U weggekyk van ons,U het ons laat wegsmeltomdat ons sonde gedoen het.

8. Maar, Here, U is ons Vader.Ons is die klei,en U is die Pottebakker.U het ons almal gemaak.

9. Here, U moenie aanhou omvir ons kwaad te wees nie,U moenie altydaan ons sondes dink nie.Kyk asseblief na ons,onthou ons almal is u mense.

10. U gewyde stede het ’n woestyn geword, Sion het ’n woestyn geword,daar is nie mense in Jerusalem nie.

11. Ons gewyde, pragtige tempel het verbrand,die plek waar ons voorvaders U geprys het.Al ons mooi huise het hope klippe geword.

12. Here, U sien hierdie dinge,wil U niks doen om ons te help nie?Wil U altyd net stilblyen ons laat swaarkry?