hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 34 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here is baie kwaad vir al die volke

1. Volke, julle moet almal luister,die aarde en alleswat op die aarde is,moet luister,die wêreld en alleswat uit die wêreld kom,moet luister.

2. Die Here is baie kwaadvir al die volkeen vir al hulle soldate.Hy sal hulle almal laat doodmaak.

3. Hulle soldate sal sterf in oorlog,en die dooie liggame salop die grond lê en stink.Die berge sal vol bloed wees.

4. Al die sterre in die lug sal smelten die hemel sal toerolsoos ’n boekrol.Die sterre sal val soos droë blarevan ’n wingerdstok of ’n vyeboom val.

Die Here sal die Edomiete straf

5. Wanneer die Here in die hemelsy swaard gereedmaakom bloed te laat vloei,dan sal sy swaard die Edomiete doodmaak.Hulle is die mense wat Hy wil straf,Hy wil hulle almal doodmaak.

6. Die Here hou ’n swaard vaswat vol bloed en vet is,die bloed en die vet aan die nierevan skaap-ramme en bok-ramme.Die Here sal baie mense doodmaakin die stad Bosra, in die land Edom.

7. Die leiers van Edom is sterksoos buffels en bulle,maar hulle bloed en hulle vetsal op die grond valen dit sal hulle land natmaak.

8. Die Here sal die Edomiete strafoor alles wat hulle gedoen hetaan Sion.Hy sal dit doen op die tydwanneer Hy dit besluit.

9. Die water van die rivierevan die land Edom sal teer word,en die stof sal swael word,en die hele land sal brand.

10. Die vuur sal aanhou brand,elke dag en nag,dit sal aanhou rook.Die land sal net hope klippe wees,en niemand sal weerdeur die land loop nie.

11. Daar sal nie mensein die land woon nie,die land sal leeg wees.Daar sal net pelikane en uile woon,nag-uile en kraaie sal hulle nes daar maak.

12. Daar sal nie meer leiers weeswat die land Edom regeer nie,en daar sal nie meer amptenare wees nie.

13. Daar was voorheen mooi huisewat sterk mure gehad het,maar nou sal daar doringsen bossies groei.Daar sal jakkalse en volstruise woon.

14. Woestyn-diere sal daar bymekaarkom, veldgode sal mekaar roep,en die nag-gees sal daar woon.

15. Uile sal daar in die skaduweeop hulle eiers broei,en valke sal daar bymekaarkom,elkeen saam met sy wyfie.

16. Julle moet kykin die boek van die Here,julle sal sien dat al daardie dierein die land Edom sal wees,elkeen saam met sy wyfie.Die Here het gesêdie diere moet kom,Hy het hulle bymekaargemaak.

17. Die Here het die land Edomvir die diere gegee,Hy het vir elkeen sy eie plek gegee.Die land sal altyd aan die diere behoort,hulle sal altyd daar woon.