hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 8 Bybel vir Almal (ABA)

Die koning van Assirië sal alles in Damaskus en Samaria vat

1. Die Here het vir my gesê ek moet hierdie naam met groot letters skryf: “Vat-Is-Naby-Wegneem-Kom-Gou.”

2. Die priester Uria en Sagaria seun van Jeberekja moet kyk en sê ek het dit geskryf.

3. My vrou het ’n seun gekry, en die Here het vir my gesê: “Jy moet hom noem ‘Vat-Is-Naby-Wegneem-Kom-Gou,’

4. want voordat hierdie seuntjie kan begin praat, sal die koning van Assirië alles in Damaskus en Samaria vat en wegneem.”

Die soldate van Assirië sal oral in die land wees

5. Die Here het ook vir my gesê:

6. “Hierdie mense van Juda en Jerusalem het bang geword vir koning Resin en koning Peka. Hulle het gedink die klein stroompie water in die watersloot langs Jerusalem is nie belangrik nie.

7. Daarom sal Ek die koning van Assirië en al sy soldate bring om teen Jerusalem oorlog te kom maak. Die koning en sy soldate sal wees soos die groot Eufraat-rivier wat baie en sterk water het en oor sy walle vloei.

8. Die rivier sal tot in die land Juda vloei en dit sal die hele land toemaak. Die water sal tot by die mense se nekke wees. Ja, julle wat sê ‘God is by ons,’ die soldate van Assirië sal oral in julle land wees.”

God is by ons

9. Die volk het gesê: “Julle volke, julle doen slegte dinge, maar julle sal nie weet waarnatoe julle moet vlug nie. Julle wat uit die ver plekke van die aarde kom, julle moet luister. Julle maak gereed om oorlog te maak, maar julle sal nie weet waarnatoe julle moet vlug nie. Dit is seker.

10. Julle maak saam planne, julle praat wat julle wil doen, maar julle planne sal nie slaag nie, want God is by ons.”

Julle moenie ook bang wees nie

11. Die Here het my, Jesaja, vasgevat met sy sterk hand. Hy het gesê ek moenie doen wat hierdie volk doen nie. Hy het vir my gesê:

12. “Hierdie volk sê ander mense maak planne teen hulle, maar julle moenie ook so sê nie. Hulle het geskrik, maar julle moenie ook bang wees nie.”

13. Julle moet net vir die Here bang wees, die Here wat oor alles regeer. Hy is die heilige God,

14. en Hy sal julle beskerm.Maar Hy sal vir Israel en Juda ’n klip wees waarteen hulle stamp en waaroor hulle val. Hy sal vir die mense wat in Jerusalem woon, ’n vangnet wees.

15. Baie van daardie mense sal val en in die vangnet vassit, en hulle sal sterf.

Ek sal aanhou wag totdat Hy help

16. My leerlinge het gehoor wat ek gesê het en wat ek vir hulle geleer het, maar hulle moenie daaroor praat nie.

17. Die Here is nou kwaad vir die nageslag van Jakob, maar ek, Jesaja, sal aanhou wag totdat Hy help, ek sal aanhou hoop.

18. Hier is ek en die kinders wat die Here vir my gegee het. Ons is die tekens wat vir die Israeliete wys dat die Here op Sionsberg woon, die Here wat oor alles regeer.

Julle moet weet wat die Here wil hê

19. Party mense sê julle moet vir die geeste van dooie mense vra wat julle moet doen. Maar ’n volk moet vir hulle God vra wat hulle moet doen. Hulle moenie vir dooie mense vra wat is goed vir mense wat lewe nie.

20. Julle moet weet wat die Here wil hê julle moet doen en julle moet luister na wat Hy vir julle wil sê. Iemand wat nie vir God vra wat hy moet doen nie, sal nie lewe tot die volgende dag nie.

21. Hy sal swaarkry en hy sal honger wees, en wanneer hy honger is, dan sal hy kwaad word en hy sal sy koning en sy gode vervloek. Hy sal na die lug

22. en na die grond kyk, maar niemand sal hom help nie. Hy sal net swaarkry en dit sal vir hom donker wees. Dit sal baie donker word.

Die koning van vrede

23. Maar dit sal nie lank donker wees in die land waar die mense nou swaarkry nie. Voorheen het die Here die land Sebulon en die land Naftali verneder, maar eendag sal Hy dit weer goed laat gaan met hulle. Hy sal weer die pad na die see belangrik maak, ook die land oorkant die Jordaan-rivier en die land waar nou ander volke woon.