hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 56 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here sal meer mense saam met die Israeliete bring

1. Die Here sê:“Julle moet aanhou doenwat Ek vir julle gesê het.Julle moet reg doenaan ander mense,want Ek sal gou komom my mense te red.Almal sal dit sien.

2. Dit sal goed gaan met iemandwat die Sabbatdag nie ontwy nie,en nooit verkeerde dinge doen nie.

3. Daar is mense wat nie Israeliete is nie,en wat My kom dien.Hulle sê: ‘Die Here wil nie hê ons moetaan sy volk behoort nie.’En daar is mans wat ontman is.Hulle sê: ‘Ek is soos ’n droë boomwat nie vrugte kan dra nie.’Hulle moenie so dink nie,

4. want die Here sê:‘Die mense wat ontman is, moet aanhouom my Sabbatdag te vieren om te doen wat Ek wil hê.Hulle moet aanhou lewe soos Ek gesê hettoe Ek met die Israeliete ’n verbond gemaak het.

5. Dan sal Ek hulle name opskryfin my tempelsodat almal dit altyd sal onthou.Hulle name in die tempelsal vir hulle belangriker weesas seuns en dogters.Hulle name sal altyd daar wees.

6-7. En Ek sal die mensewat nie Israeliete is nieen wat My kom dien,op my gewyde berg bringsodat hulle bly sal weeswanneer hulle in die tempel kom bid.Hulle moet lief wees vir my Naam,hulle moet my dienaars wees,hulle moenie die Sabbatdag ontwy nieen hulle moet aanhou lewesoos Ek vir hulle gesê hettoe Ek met die Israeliete’n verbond gemaak het.Ek sal daarvan houdat hulle op my altaar offers bring,almal sal weet dat al die volkein my tempel kan kom bid.’ ”

8. Dit is wat die Here gesê het, Hy wat Here is.Vyande het die Israeliete weggejaaguit hulle land,maar die Here sal die Israeliete bymekaarmaaken Hy sal nog meer mensesaam met hulle bring.

Die leiers van die volk weet nie hoe om hulle werk te doen nie

9. “Al die wilde diere in die veld en in die bos,julle moet die leiers van my volk kom op-eet.

10. Die leiers wat die volk moet oppas,is soos honde wat niks sien nieen niks hoor nie,hulle wil net lê en slaap.

11. Hulle is soos honde wat altyd honger isen nooit genoeg kos kry om te eet nie.Of, hulle is soos skaapwagterswat nie weethoe om hulle werk te doen nie.Elkeen doen wat hy wilen hy sorg net vir homself.

12. Hulle sê vir mekaar:‘Kom ons drink nog wyn.Môre sal soos vandag wees,nee, dit sal nog beter wees.’ ”