hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 32 Bybel vir Almal (ABA)

’n Koning sal reg regeer

1. ’n Koning sal reg regeeren regverdig wees,hy en sy amptenare.

2. Elkeen van hulle sal weessoos ’n afdak teen die winden harde reën.Hulle sal wees soos strome waterin ’n droë land,soos die skaduwee van ’n groot rotsin ’n land waar dit baie warm is.

3. Dan sal die oë van almalwat kan sien,nie meer toe wees nie,en almal wat kan hoor,sal dan luister.

4. Die mense wat ongeduldig wasen wat nie goed wou luister nie,sal dan luister en verstaan,en die mense wat gehakkel het,sal goed kan praat.

5. Niemand sal dan sê’n dwaas is ’n goeie mensof ’n skurk is ’n belangrike mens nie.

6. Want dwase mense praat nonsensen hulle dink net aan sonde.Hulle doen slegte dingeen hulle praat leuens oor die Here.Hulle gee nie kos vir honger mense nie,hulle gee nie water vir mensewat dors is nie.

7. Skurke is altyd besigom slegte dinge te doen.Hulle maak skelm planne en hulle liegom probleme te gee vir mensewat hulleself nie kan help nie,vir arm mensewat niks verkeerd gedoen het nie.

8. Maar ’n goeie mens dinkwatter goeie dinge hy kan doenen hy beskerm die goeie mense.

Julle moet bang wees en bewe

9. Vroue, julle wat nou lekker leween oor niks bekommerd is nie,julle moet luister na wat ek sê:

10. Julle lewe nou lekker,maar oor ’n jaar sal julle bewe,want daar sal nie druiwe weesom te pluk nie.

11. Julle lewe nou lekker,julle is oor niks bekommerd nie,maar julle moet bang wees en bewe,julle moet julle klere uittreken julle moet rouklere aantrek.

12. Julle moet met julle vuiste op julle bors slaan en huiloor die mooi landeen die vrugbare wingerde.

13. Julle moet huiloor die land van my volk,oor die huise waar almalvrolik was,oor die stad waar almal feesgevier het,want dit is vol dorings en bossies.

14. Ja, daar is niemandin die koning se huis nie,die stad is nie meer vol mense nie.Daar is nou net grottewaar die Ofel voorheen wasen die toring waar die wagtegestaan het.Dit sal altyd so wees.Nou loop daar wildedonkies ronden daar wei skape en bokke.

Dit sal goed gaan met julle

15. Dit sal so weestotdat die Gees van Boop ons kom.Dan sal die woestynvol vrugtebome wees,en die vrugtebomesal so naby mekaar weessoos die bome in ’n bos.

16. In die woestynen tussen die vrugtebomesal die mense reg doenen hulle sal regverdig wees.

17. Hulle sal altyd rus en vrede hêomdat hulle reg sal doenaan mekaar.

18. Die Here sê sy volk sal woonin plekke waar daar vrede is.Hulle sal veilig weesen hulle sal oor niksbekommerd wees nie.

19. Hael sal die bosse stukkend slaanen die mure van die stedesal omval.

20. Maar met júlle sal dit goed gaan.Dit sal baie reën.Julle sal koring saaien julle beeste en donkiessal oral wei.