hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 59 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Waarskuwing teen sonde

1. Die Here is nie te swak om julle te red nie.Hy is nie te doof om julle te hoor nie.

2. Julle probleem is dat julle sondes julle afgesny het van God.Hy het weggedraai van julle.Dit is weens julle sondes dat Hy nie meerna julle wil luister nie.

3. Julle hande is vol bloed,julle vingers is skuldig van al die onreg. Julle monde is vol liegstories.Julle tonge fluister net onreg.

4. Niemand stel sy saak met opregtheid nie.Geen uitspraak is betroubaar nie.Almal vertrouop leë argumente en praat leuens.Hulle verwek slegte gedagtesen gee dan geboorte aan onreg.

5. Hulle broei slangeiers uit en weef ’n spinnekopweb.Dié wat van die eiers eet, sal sterf. En as die eiers breek, kom daar slange uit.

6. Die spinnerakke is onbruikbaar vir klere;hulle kan hulleself nie daarmee toemaak nie. Hulle dade is vol boosheid en hulle kenteken is geweld.

7. Hulle voete hardloop om kwaad te doenen is haastig om onskuldige bloed te vergiet.Hulle planne is bose planne. Hulle kenmerk is ondergang en verwoesting.

8. Ware vrede ken hulle nie.Op hulle paaie is daar geen reg nie. Dié wat daarop loop, sal nie vrede ken nie.

9. Daarom is redding ver van ons,geregtigheid nie te vind nie.Ons wag op lig, maar alles bly donker om ons.Ons wag vir helderheid, maar dit is nog steeds donker.

10. Soos blindes tas ons teen die mure. Ons tas rond soos mense sonder oë. Selfs helder oordag struikel ons asof dit skemer is. Geen wonder ons is soos lyketussen gesonde mense nie!

11. Ons grom soos honger bere.Ons kla soos tortelduiwe.Want ons soek na reg, maar dis nêrens te kry nie.Ons soek na uitkoms, maar dit bly ver van ons af.

12. Ons oortredings teen U is baie. Ons sondes getuig teen ons.Ons opstandigheid is altyd voor ons,ons is bewus van ons sondes:

13. ons opstand en valsheid teen die Here, die ontrou teen ons God,ons onreg en verdraaiing van die reg.Ons beplan en vertel leuens.

14. Die reg is omgekeer, die regverdige mense moet op ’n afstand staan.Die waarheid struikel in die strate.Eerlikheid kan nie daaringaan nie.

15. Waarheid is nêrens te vind nie.Elkeen wat ophou om kwaad te doen,word self vervolg.Die Here het dit raakgesien, en dit was vir Hom verkeerddat daar geen regverdigheid in die regspraak meer was nie.

16. Hy was verstom om te sien dat niemand die verdruktes help nie.Daarom het Hy self gekomom redding te bewerk en geregtigheid te laat geskied.

17. Hy trek regverdigheid aan soos beskermende klere,en sit die helm van redding op sy kop.Sy klere is wraak en sy woede ’n mantel.

18. Hy vergeld almalvolgens hulle verdienste:sy woede straf sy vyande,selfs hulle wat ver is.

19. Van die westekant afsal mense die Naam van die Here eer, van die oostekant afsal hulle sy heerlikheid eer.Hy kom soos ’n opgedamde vloed,wat deur die Gees van die Hereaangeblaas word.

20. “Die Redder sal komna Sion, Hy kom as Verlosser vir almal in Jakob wat hulle van hulle sondes bekeer,” sê die Here.

21. “Wat My betref,” sê die Here, “dit is my verbond met hulle: My Gees wat op jou isen my woorde wat Ek in jou mond lê,sal nie uit jou mondof uit die monde van jou kinders,of jou kindskinders verdwyn nie, van nou af en vir altyd.Ek, die Here, het so gesê!”