hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Hiskia se siekte en herstel

1. Omtrent daardie selfde tyd het Hiskia dodelik siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het hom gaan besoek. Hy gee toe vir die koning hierdie boodskap: “So sê die Here: Kry jou sake in orde, want jy gaan sterf. Jy sal nie van hierdie siekte herstel nie.”

2. Toe Hiskia dit hoor, het hy sy gesig na die muur toe gedraai. Hy het tot die Here gebid:

3. “Here, onthou hoe ek altyd probeer het om aan U getrou te bly. Ek het probeer doen wat goed is.” Toe het hy bitterlik gehuil.

4. Toe het hierdie boodskap van die Here na Jesaja gekom:

5. “Gaan terug na Hiskia toe en sê vir hom: Dis wat die Here, die God van jou voorouer Dawid sê: Ek het jou gebed verhoor. Ek het jou trane gesien. Ek voeg vyftien jaar by jou lewe.

6. En Ek sal jou en hierdie stad uit die mag van die koning van Assirië red. Ek sal hierdie stad beskerm.

7. “En dit sal die teken wees wat die Here vir jou gee om te bewys dat Hy sal doen wat Hy belowe het:

8. Ek sal sorg dat die son se skaduwee tien trappe op Agas se sonwyser terugskuif!” Die skaduwee op die sonwyser het toe tien trappe teruggeskuif.

Hiskia se loflied

9. Ná koning Hiskia herstel en gesond geword het, het hy hierdie gedig oor sy ervaring geskryf:

10. Ek het gesê: “Moet ek doodgaan in die fleur van my lewe?Moet my beste jare gesteel word?”

11. Ek het gesê: “Ek sal nooit weer die Here God sienin die land van die lewendes nie.Ek sal nooit weermy vriende sien wat in hierdie wêreld leef nie.

12. My lewe is weggeblaas soos ’n herder se tent in ’n storm.Dis kortgeknip soos wanneer ’n wewer ’n stuk materiaal afsny.Skielik het U my lewelaat verbygaan.

13. Heelnag lank het ek geduldig op U gewag.Maar ek is uitmekaargeskeur soos deur leeus.Skielik het U my lewelaat verbygaan.

14. Ek was deurmekaar en het soos ’n voël geklink, soos ’n duif wat kla. My oë het moeg geword soos ek opgekyk het na die hemel toe vir hulp. Ek is in die moeilikheid, Here. Help my!”

15. Maar wat kon ek sê? Die Here het met my gepraat.Hy het dit alles gedoen. Nou sal ek my hele lewe lank nederig wees oor wat ek moes verduur het.

16. Here, u dissipline is goed, want dit lei tot lewe en gesondheid.U het my gesondheid teruggegee en my toegelaat om te lewe!

17. Ja, dit was vir my goed om al hierdie angs te ervaar, want U het my gered van die dood.U het al my sondes vergewe.

18. Want in die graf kan niemand U prys nie.Dooies kan nie u lof verkondig nie.Dié wat gesterf het,kan nie hoop op u trou nie.

19. Net die lewendes kan U loof, soos ek vandag doen. Vaders moet hulle kinders van u getrouheid vertel.

20. Die Here is my redder! Met musiekinstrumentesal ons elke dag van ons lewe u lof besingin die tempel van die Here.

21. Jesaja het toe gesê: “Bring ’n vyekoek, sit dit op die sweer, en hy sal gesond word.”

22. Hiskia het gevra: “Watter teken sal bewys dat ek weer na die tempel van die Here toe sal gaan?”