hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Dwaasheid om op Egipte te

vertrou

1. Verwoesting wag verseker vir enigeen wat na Egipte kyk vir hulp. Hulle vertrou op Egipte met sy baie perde en sterk ruiters.Pleks dat hulle vertrouop die Heilige van Israel.Pleks dat hulle vra wat Hy wil hê.

2. In sy groot wysheidstuur Hy rampe.Hy verander nie van gedagte nie.Hy tree op teen die volk wat bose dinge doenen verpletter ook hulle bondgenote.

3. Want hierdie Egiptenaars is maar net mense.Hulle is nie God nie!Hulle perde is maar net van vleis.Hulle is nie gees nie!As die Here sy hand uitsteek,val sowel helper as die een wat gehelp word. Saam sal hulle sterf.

4. Maar die Here het vir my gesê: “’n Leeu, ’n jong leeu lê by sy prooi.Hy steur hom nie aan die veewagters, aan hulle geskreeu en geraas nie.Hy hou aan met vreet.Net so sal die Here,die Almagtige, komwanneer Hy veg op Sionsberg.

5. Die Here, die Almagtige,sal oor Jerusalem waak soos ’n voël sy nes beskerm.Hy sal dit beskerm en so die stad red.Hy sal daarby verbygaan en dit red.”

6. Daarom, Israeliete, kom terug na Hom toe, al het julle Hom verraai.

7. Daardie dag sal elkeen van julle sy silwer afgode en goue beelde weggooi,die afgode wat julle met julle sondige hande gemaak het.

8. “Die Assiriërs sal vernietig word, maar nie deur die swaard van mense nie.Die swaard van God sal hulle tref, en hulle sal paniekbevange wegvlug.Hulle jong soldate sal gevang word en slawe gemaak word.

9. Selfs hulle bevelvoerders sal van angs rondhardloop.Hulle sal vlug as hulle die vlae sien aankom,”sê die Herewie se vlam helder brandop die altaar in Jerusalem.