hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 63 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Oordeel oor die Here se vyande

1. Wie is dit wat kom uit Edom, uit Bosra, met bloedrooi klere aan?Wie kom met die pragtige klere aan terwyl Hy met groot krag voortmarsjeer?“Dit is Ek, die Here, wat sê dat Ek julle red.Ek is sterk genoeg om te red!”

2. Waarom is u klere so rooi soos dié van iemand wat die wynpers getrap het?

3. “Ek het alleen die wynpers getrap.Daar was niemand van die volke wat My gehelp het nie.In my woede het Ek my vyande vernietig.In my wraak het Ek hulle vertrap.Hulle bloedhet op my klere gespat, en so my klere rooi gemaak.

4. Want die tyd het gekom om my volk te verlos,om hulle van hulle vyande los te koop.

5. Ek het gekyk,maar daar was niemand om my volk te help nie.Ek was ontsteld omdat daar niemand waswat kom help het nie.Daarom het Ek alleen wraak geneem,sonder enige hulp het Ek die oordeel uitgespreek.

6. Ek het die volke in my woede vertrap.Ek het hulle laat steier van woede.Ek het hulle bloed oor die grond laat vloei.”

Lofprysing vir redding

7. Ek sal vertel van die goedheidvan die Here,sy roemryke dade wat Hy verrig het, ja, die talle goeie dinge wat Hy gedoen het: sy goedheid vir Israel,en alles wat Hyin genade en liefde gedoen het.

8. Hy het gesê: “Hulle is my eie volk.Hulle sal nie weer ontrou aan My word nie.” So het Hy hulle Redder geword.

9. In al hulle noodhet Hy saam met hulle gely.Hy was die engelwat hulle toe gered het.In sy liefde en genade het Hy hulle gered.Hy het hulle opgetel en gedrasoos in die ou dae.

10. Maar hulle het in opstand gekomen sy Heilige Gees bedroef.Daarom het Hy hulle vyand geworden self teen hulle geveg.

11. Toe het sy volk onthou van die tyd van Moses. Hulle het uitgeroep: “Waar is die Een wat Israel deur die see gelei het met Moses as hulle herder? Waar is die Een wat sy Gees van heiligheidgestuur het om tussen sy volk te wees?

12. Waar is die Een wat met sy magtige armaan Moses se regterkantgeloop het?Waar is die Een wat die watersvoor sy volk oopgekloof heten vir Hom ’n ewige Naam gemaak het?

13. Waar is die Een wat sy volk deurdie diep waters gelei het?Soos ’n perd in ’n woestyn het hulle nie gestruikel nie!

14. Soos ’n trop beeste wat afstap na die vallei,so het die Gees van die Heresy volk rusplek gegee,so het U u volk geleiom die roem van u Naamte vermeerder.”

Gebed vir genade en vergifnis

15. Kyk af uit die hemel en sien ons tog raak van waar U sit, op u heilige en verhewe troon. Waar is u ywer van voorheen,u magtige dade? U weerhou u ontferming en genade van ons.

16. U is mos nog ons Vader!Selfs as Abraham en Israelons nie wil erken nie,bly U steeds ons Vader, Here.U is van altyd af ons Redder.

17. Here, hoekom het U toegelaat dat ons afdraai van u paaie?Hoekom het U ons hardkoppig gemaaksodat ons U nie gedien het nie?Keer tog terug want ons is u dienaars,u spesiale besitting.

18. Vir ’n kort tyd kon u heilige volku tempel besit.Maar nou het ons vyande dit verwoes.

19. Ons het geword soos mense oor wie U nog nooit regeer het nie.Hoekom tree U op asof ons nog nooitbekend was as u volk nie?