hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Hoop op herstel

1. Die droë woestyn sal bly wees.Die dor plekke sal vol blomme wees.

2. Ja, daar sal ’n oorvloed weesvan blomme,en ’n gejuig en gesing!Die woestyne sal groen word soos die Libanonberge, so mooi soos die weivelde van Karmelbergen die vlaktes van Saron. Daar sal die Heresy heerlikheid ten toon stel,en die grootsheid van ons God.

3. Versterk dié wat moeg geword het.Bemoedig dié wat wil neerslaan.

4. Sê vir dié wat bang is: “Wees sterk en moenie bang wees nie. Want julle God kom om wraak te neem,om julle vyande te strafen om julle te red!”

5. Wanneer Hy kom, laat Hy blindes sien en dowes hoor.

6. Lam mense sal rondspring soos bokke, en mense wat nie kon praat nie, sal van vreugde sing! Fonteine sal in die wildernis ontspringen strome water sal die woestyn natlei.

7. Die droë grond sal ’n poel water word,die dorstige land borrelende fonteine.Waar daar eers net blyplek was vir woestynjakkalse, sal daar nou gras, riet en bossies groei.

8. Deur die woestyn sal nou ’n grootpad loop. Die pad sal genoem word: die Heilige Weg.Mense wie se harte boos is, sal nie daarop reis nie.Dit sal net oop wees vir mensewat op God se pad loop.Dwase sal nie daar kom nie.

9. Langs die pad sal leeus nie skuil nie.Daar sal geen roofdiere wees nie. Net mense vir wie God gered het, sal op die pad loop.

10. Dié wat die Here vrygekoop het, sal terugkeer na Jerusalem.Hulle sal sing van blydskap, hulle sal vol vreugde wees,en ellende en smart sal verdwyn.