hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 62 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Jesaja se gebed vir Jerusalem

1. Omdat ek Sion liefhet en na Jerusalem verlang, kan ek nie stilbly nie.Ek sal nie ophou om vir die stad te bid nie totdat daar vir haar geregtigheid komsoos ’n nuwe dag,en haar redding soos ’n fakkel brand.

2. Die nasies sal jou redding sien,en die konings sal jou eer aanskou.Jy sal ’n nuwe naam kry wat die Here self vir jou gekies het.

3. Die Here sal jou soos ’n kroon in sy hand hou,’n koning se kroon in die hand van jou God.

4. Hulle sal jou nie meer die Verstoteling noem nie en jou land nie meer die Verlatene nie.Jy sal genoem word:“Een wat Ek liefhet”en jou land: “My Bruid.”Die Here het jou lief,en jou land behoort aan Hom.

5. Soos ’n jong man met ’n meisie trou,so sal jou kinders vir jou sorg.En soos ’n bruidegom bly is oor sy bruid, so sal jou God bly wees oor jou.

6. Ek het wagte op jou mure gesit, Jerusalem.Hulle sal dag en nag bid. Julle wat die Here herinner aan sy beloftes,moenie rus nie.

7. Moenie die Heremet rus laat nie, totdat Hy Jerusalem herstel het, en die hele wêreld die stad se lof besing.

8. Die Here het vir Jerusalemgesweer by sy eie mag:“Ek sal nooit weer jou koring as kos vir jou vyande gee nie.Nooit weer sal vreemde soldate die wyn drink waarvoor jy hard gewerk het nie.

9. Dié wat die koring oes,sal dit ook eeten die Here loof.Dié wat druiwe pluk,sal self die wyn drink in die voorhof van my heiligdom.”

10. Gaan uit, gaan uit deur die poorte,maak die grootpad gereed vir my volk wat terugkom!Maak die pad reg! Bou dit op! Bou die grootpad! Rol weg die klippe!Steek ’n vaandel in die lug sodat al die volke dit kan sien!

11. Die Heremaak ’n aankondiging oor die hele aarde: “Sê vir Sion: Jou Redder kom! Kyk, sy beloning is by Hom.”

12. Hulle sal genoem word: “Die heilige volk, die volk wat deur die Heregered is.” Jerusalem, jy sal genoem word: “Die begeerlike stad,die stad wat nie meer verlate is nie.”