hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 50 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Israel se sonde

1. Die Here vra: “Waar is die skeibrief waarmee Ek jou moeder weggestuur het?Of aan wie van my skuldeisershet Ek jou verkoop?Nee, julle het julleself verkoopmet julle oortredingsen dis oor julle sondes dat Ek julle moeder weggestuur het.

2. Waarom was daar niemandtoe Ek gekom het nie? Hoekom was daar nie antwoord toe Ek geroep het nie?Is my arm te kort om te red?Is Ek te swak om jou te red?Ek dreig die see, en dit droog op.Ek verander riviere in woestyne sodat al die visse vrekomdat die water opgedroog het.

3. Ek laat die lug donker word,want die aarde rou.”

Die Here se gehoorsame dienaar

4. Die oppermagtige Herehet my geleer sodat ek dié wat moeg is moed kan inpraat.Elke môre maak Hy my wakker en leer my luistersoos dit ’n leerling betaam.

5. Die oppermagtige Herehet my ore oopgemaak. Ek was nie teen Hom opstandig nie.Ek was nie ontrou aan Hom nie.

6. Ek het my rug gehou sodat hulle my kon slaan, my wang sodat hulle my baard kon uittrek. Ek het nie my gesig weggedraai toe hulle my gespot en in die gesig gespoeg het nie.

7. Omdat die oppermagtige Heremy help, sal ek nie in die skande kom nie.Ek het my gesig hard soos vuurklip gemaak.Ek weet ek sal niein die verleentheid kom nie.

8. Hy wat my sal verdedig, is naby.Wie sal dit waag om ’n aanklag teen my te lê?Laat ons elkeen sy saak stel!Wie is my aanklaer?Laat hom vorentoe kom.

9. Die oppermagtige Hereis aan my kant!Wie kan my skuldig verklaar? Almal wat my beskuldig, sal vergaan soos ’n kledingstukwat deur motte gevreet is!

10. Wie van julle dien die Hereen doen wat sy dienaar sê?Hy wat sonder enige lig in die donker loop,moet vertrou op die Naam van die Here, en staatmaak op sy God!

11. Maar julle wat vure aansteek, wat brandende fakkels gereed kry,in julle eie vuur sal julle brand. Julle eie fakkels sal julle doodbrand. Dit is wat julle uit my hand sal ontvang.In smart sal julle gaan lê.