hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Boodskap oor Babilon

1. Hierdie boodskap het na my gekom oor Babel: Rampe storm uit die woestyn op jou af soos dwarrelwinde wat deur die Negevwoestyn waai.

2. Ek sien ’n skrikwekkende visioen: Ek sien dat jy geplunder en verwoes is. Gaan aan, mense van Elam en Medië, neem deel aan die beleg. Babilon sal val, en die gekla van die nasies wat deur haar verslaaf is, sal ophou.

3. My lyf pyn soos dié van ’n vrou wat besig is om geboorte aan ’n kind te gee. Ek is platgeslaan deur wat ek hoor, en verskrik deur wat ek sien.

4. My hart steier, ek is bang. Ek wens dat ek kan slaap, maar ek is te bang.

5. Hulle maak reg vir ’n groot fees. Hulle gooi matte uit vir mense om op te sit. Almal eet en drink. Gou! Gryp julle skilde en maak reg vir die geveg! Julle word aangeval!

6. Intussen het die Herevir my gesê: “Sit ’n wag op die stadsmuur sodat hy kan sê wat gebeur.

7. Wanneer hy waens sien wat deur perde getrek word en soldate op donkies en kamele, moet hy alarm maak.”

8. Die wag het uitgeroep: “Dag na dag het ek op die wagtoring gestaan, Meneer. Nag na nag het ek op my pos gebly.

9. En nou, uiteindelik, kom die strydwaens en soldate.” Die wag het toe gesê: “Babilon het geval! Al die afgode van Babilon lê stukkend op die grond!”

10. My volk, hulle het jou op die dorsvloer vertrap en uitgewan. Ek het vir jou alles gesê wat die Here, die Almagtige,die God van Israel vir my gesê het.

’n Boodskap oor Edom

11. Hierdie boodskap het na my gekom oor Edom: Iemand van Seïr af hou aan roep na my: “Wag, hoe lankvoor die môre aanbreek? Wanneer is die nag verby?”

12. Die wag antwoord: “Die môre het aangebreek, maar net daarna kom die nag. As julle weer wil kom vra, kom terug en vra maar.”

’n Boodskap oor Arabië

13. Hierdie boodskap het na my gekom oor Arabië: Handelaars van Dedan, wat met julle handelsware rondreis, kruip weg in die woestyne van Arabië!

14. Mense van Tema, bring kos en water vir die moeë vlugtelinge.

15. Hulle het gevlug voor die swaarde en pyle van die oorlog. Hulle vlug vir die wreedheid van die geveg.

16. Dit is wat die Herevir my gesê het:“Binne ’n jaar, so ondraaglik soos dit vir ’n dagloner is om hom af te sloof, sal al die glorie van Kedartot ’n einde kom.

17. Net ’n paar van sy dapperste soldate sal oorleef. Ek, die Here, die God van Israel het so gesê!”