hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Israel se groot redding

1. Kyk, daar kom ’n koning wat regverdig sal wees!En leiers sal eerlik oor die volk regeer.

2. Hy sal Israel beskerm teen die wind en die storm.Hy sal hulle verfris soos ’n rivier in die woestyn en soos die koel skaduwee van ’n groot rots in ’n verlate land.

3. Dan sal almal wat kan sien, God raaksien.En almal wat kan hoor, sal na sy stem luister.

4. Selfs die heethoofdiges onder hulle sal kalm raak en verstaan.Die mense wat onseker hakkel, sal gemaklik kan praat.

5. ’n Dwaas sal nie meer as eerbaar beskou word nie, en ’n skurk sal nie meer gerespekteer word nie.

6. Almal sal dwaseraaksien vir wat hulle is.Hulle versprei liegstories oor die Here. Hulle steel honger mense se kos.Hulle gee nie water vir mense wat dors is nie.

7. Die skelmstreke van skurke sal onthul word.So ook al die liegstories wat hulle vertel het om arm mense in die howe te verdruk.

8. Maar eerbare mense het eerbare planne.Hulle sal eerbaar behandel word.

9. Luister, vroue wat selfvoldaan lewe.Luister na my, julle wat so selfversekerd is!

10. Binnekort, oor bietjie meer as ’n jaar, sal julle wat nou so sorgeloos is skielik iets hê om oor te bewe.Want julle vrugte-oes sal vergaan.Daar sal geen oes wees nie.

11. Bewe, onbesorgde vroue.Raak ontslae van julle onbesorgdheid.Trek uit julle mooi klere.Dra klere van sak oor julle smart.

12. Slaan op julle borste van smart.Want julle oorvloedige plase is een van die dae daarmee heen.So ook julle vrugbare wingerde.

13. Want julle land sal oorgroei word met dorings en dissels.Julle vrolike huiseen gelukkige stede sal weg wees.

14. Die paleis en die stad sal verlate lê.Besige dorpe sal leeg wees.Troppe donkies en bokke sal op die heuwels wei waar julle uitkyktorings eers gestaan het.

15. Dit sal so bly totdat die Gees uit die hemeloor ons uitgestort word.Dan word die woestyn ’n vrugbare veld.En die vrugbare veld word ’n welige woud.

16. Regverdigheid sal in die woestyn heers,en geregtigheid in die vrugbare veld.

17. Reg sal veroorsaak dat daar vrede sal wees.En geregtigheid sal veroorsaak dat almal rustig en veilig sal bly.

18. My volk sal veilig bly, rustig in hulle huise.Hulle sal vrede hê.

19. Ook al vernietig hael die woud en word die stad platgevee,

20. met julle sal dit geseënd gaan. Waar julle ook al saai, sal goeie oeste volg.Julle beeste en donkies sal die wêreld vol wei.