hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 48 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

God se hardkoppige volk

1. “Luister na My, afstammelinge van Jakobwat Israel genoem word,wat voortkom uit Juda,julle wat sweer in die Naam van die Here,en die God van Israel aanroep,maar nie in waarheid of regverdigheid nie.

2. Julle noem julleself inwoners van die heilige stad,wat vertrou op die God van Israel.Die Here, die Almagtige, is sy Naam:

3. Wat vroeër gebeur het, het Ek lank gelede al vooruit gesê. Met my mond het Ek dit aangekondigen dit bekendgemaak.Toe het Ek opgetree, en skielik het dit gebeur.

4. Ek weet hoe hardkoppig julle is,eiesinnig soos yster,met ’n kop so hard soos ’n stuk brons.

5. Daarom het Ek lank gelede algesê wat Ek gaan doen.Voordat dit gebeur,het Ek dit al bekendgemaak,sodat julle nie kan sê nie: ‘My afgode het dit gedoen.My houtbeelde en metaalbeelde het dit laat gebeur.’

6. Julle het alles gehoor.Julle kon dit self sien.Sal julle dit nie nou erken nie? Daarom gaan Ek nou nuwe dinge aan julle openbaar, geheime waarvan julle nie weet nie.

7. Dis splinternuwe dinge wat voorheen nie daar was nie,waarvan julle voor vandag nie gehoor het nie.Nou sal julle nie kan sê:‘Natuurlik het ek dit geweet’ nie.

8. Julle het niks daarvan gehoorof dit verstaan nie.Want Ek weet hoe verraderlikjulle optree.Van geboorte af was julle as rebelle bekend.

9. Tog sal Ek ter wille van Myself my woede bedwing.Ter wille van my Naam sal Ek my woede terughousodat julle nie uitgewis word nie.

10. Ek het julle gelouter, maar nie soos silwer nie.Ek het julle gelouter in die smeltkroes van lyding.

11. En Ek sal julle red. Ter wille van Myself, ja, Myself, doen Ek dit.Hoe kan Ek toelaat dat my Naam oneer aangedoen word? Aan niemand anders sal Ek my eer gee nie.”

Verlos van Babel

12. “Luister mooi, Jakob,Israel, vir wie Ek geroep het.Ek alleen is God, die Eerste en die Laaste.

13. Dit was my hand wat die aarde se fondamente gelê het.Met my regterhand het Ek die hemelkoepel gespan.Ek het beveel, en hulle het tot stand gekom.”

14. Kom julle nou almal saam, en luister. Wie van julle gode het vooruit gesê wat nou gaan gebeur? Die Here het iemand uitgekies.Hy gaan hom gebruik om ’n einde aan Babel te maaken die Babiloniërs te verslaan.

15. “Ek, ja, Ek het dit gesê. Ek het hom geroep.Ek het hom laat kom.Hy sal suksesvol weesin wat hy moet doen.

16. “Staan nader aan My en luister.Van die begin af het Ek nie in die geheim gepraat nie. Wanneer iets gebeur, dan is Ek daar.”Nou het die oppermagtige Heremy deur sy Gees gestuur.

17. Nou sê die Here, jou Redder, die Heilige van Israel: “Ek is die Here jou God wat jou leer wat vir jou goed is.Ek lei jou op die pad waarop jy moet loop.

18. As jy maar net na my gebooie geluister het!Dan sou jou vrede soos ’n rivier gewees het,en jou geregtigheidsoos die golwe van die see.

19. Jou nageslag sou dan so talryk soos sand gewees het, en jou nakomelinge so baie soos sandkorrels.Hulle name sou nooit uitgewis en uitgeroei word nie.”

20. Maar vlug nou uit Babel.Vlug weg van die Galdeërs!Kondig dit aan met gejubel,maak dit bekend. Laat dit weerklink tot aan die eindes van die aarde.Sê: “Die Herehet sy dienaar Jakob verlos.”

21. Hulle het nie dors geword toe Hy hulle deur die woestyngelei het nie.Hy het vir hulle wateruit ’n rots laat kom.Hy het die rots gekloofen water het uitgestroom.

22. “Maar vir bose mense,” sê die Here, “is daar geen vrede nie.”