hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Daardie dag sal die Heremet sy groot, skerp swaard die Leviatan straf. Die Leviatan, kronkelende draak van die see,sal Hy doodmaak.

2. “Daardie dag sal ons sing van die goeie wingerd.

3. Ek, die Here, sal dit versorg en dit gereeld natlei.Dag en nag hou Ek wag daaroor sodat dit nie beskadig word nie.

4. My woede teen Israel sal bedaar. As Ek dorings en dissels daarin kry,sal Ek dit verbrand.

5. Hulle sal net gered word as hulle aan My oorgee en vra vir vredeen beskerming.”

6. Die tyd kom dat my volk sal wortelskiet.Israel sal bot en blom en die hele aarde met vrugte vul.

7. Het die Here Israel gestraf soos Hy haar vyande gestraf het?Nee, Hy het haar vyande verwoes.

8. Maar vir Israel het Hy net uit hulle land verban met ’n storm wat hulle na die ooste weggewaai het.

9. So sal Israel se sondes versoen word.Die gevolg sal wees datal die heidense altare tot stof verpletter word,en daar nie meer ’n Asjerapaal of wierookaltaar sal bly staan nie.

10. Israel se versterkte stede sal stil en leeg wees,die huise sal leeg staan, soos in ’n woestyn.Vee sal daar wei.Hulle sal die takke kaalvreet.

11. Die mense is soos dooie takke van ’n boomwat afgebreek en gebruik word vir vuur onder die kookpotte.Israel is ’n onnosele klomp mense.Daarom sal die Een wat hulle gemaak het,geen genade betoon nie. Hulle Skepper sal hulle nie jammer kry nie.

12. Tog sal die tyd kom wanneer die Heredie Israeliete een vir een bymekaar sal maak soos graan, met die hand uitgesoek. Hy sal julle na sy dorsvloer bring, van die Eufraat in die ooste tot by die stroom van Egipte in die weste.

13. Daardie dag sal die groot trompet geblaas word. Baie wat besig was om dood te gaan in ballingskap in Assirië en Egipte, sal terugkom Jerusalem toe om die Here te aanbid op die heilige berg.