hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 58 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Ware en valse aanbidding

1. “Roep so hard as wat jy kan!Roep so hard soos ’n trompet kan blaas!Vertel my volk van hulle oortredings,die mense van Jakobvan hulle sondes!

2. Hulle soek elke dag my wilasof hulle ywerig my paaie wil ken. Jy sou dink hulle is ’n volk wat doen wat reg is, en nie die bepalings van sy Godnagelaat het nie.Hulle vra My om beslissingste maaken lyk gretig om naby God te wees.

3. Hulle vra: ‘Waarom het ons gevas,maar U sien dit nie? Ons het ons verootmoedig,maar U het dit nie opgelet nie!’“Dis omdat julle op vasdae net julle eie plesier najaag, en die mense in julle diensnog harder laat werk.

4. Julle vas eindig in twis, rusie en vuisgevegte. Op hierdie manier kan julle nie vas en dan verwag dat dit in die hemel gehoor sal word nie.

5. Is dit die vas wat Ek verkies,net ’n dag waarop ’n mens homself verneder?Is dit om net jou kop te buigsoos ’n biesie en te sit in sak en as?Is dit wat jy ’n vas noem,’n dag wat vir die Hereaanvaarbaar sal wees?

6. “Nee, is die vas wat Ek wil hê, dan nie: om mense wat onregverdigin die tronk is, vry te laat,om die juk van mense af te haalen elke juk te breek nie?

7. Is dit nie om jou kos te deelmet dié wat honger is,om aan die arm swerwerblyplek te gee,om klere te gee vir mensewat dit nodig het, om nie weg te draai van jou familie wat jou hulp nodig het nie?

8. As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag.Jou wonde sal spoedig genees. Hy wat jou red,sal voor jou uitgaan,die heerlikheid van die Heresal jou van agter beskerm.

9. Wanneer jy dan roep om hulp, sal die Here antwoord.Jy sal roep om hulpen Hy sal sê: Hier is Ek!“As jy ontslae raak van die juk van verdrukking, van die beskuldigende vinger en kwaadpratery,

10. as jy kos gee vir dié wat honger isen hulle help wat verdruk word,sal jou lig skyn in die donkerteen jou nag sal word soos helder dag.

11. Die Here sal jou altyd lei.Selfs in tye van droogte sal Hy voorsien in jou behoeftes.Hy sal jou gesond en sterk hou.Jy sal wees soos ’n tuin wat genoeg water kry, soos ’n fontein wat altyd aanhou vloei.

12. Jou kinders sal die puinhopevan jou stede herbou.Dan sal hulle jou noem: die een wat stukkende mure en stede opbou.

13. “As jy jou daarvan weerhouom op die Sabbatdag te oortreeen op my heilige dagte doen net wat jy wil;as die Sabbat vir jou ’n vreugde is, en jy die heilige dag van die Here in ere hou;as jy dit respekteer deur nie jou gewone gang te gaan nie,nie te doen wat jy wil,of nuttelose woorde te praat nie,

14. dan sal jy jou vreugde vindin die Here. Ek sal jou die land weer in besit laat neem,Ek sal jou laat eet van die opbrengs van die landvan jou vader Jakob.Ek, die Here, het dit gesê.”