hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Verwoesting wag vir die onregverdige regters, vir hulle wat onregverdige wette uitvaardig.

2. Hulle ontneem die armes en verdruktes van regverdige regspraak. Ja, hulle besteel weduwees en weeskinders.

3. Wat gaan julle doen die dag as Ek verwoesting uit ’n ver land na julle toe stuur? Na wie toe sal julle dan draai vir hulp? Waar sal julle skatte veilig wees?

4. Dan sal Ek julle nie help nie! Julle sal soos gevangenes struikel, of tussen die dooies lê. Maar selfs dan sal die Here se woede nie afgekoel wees nie. Sy vuis is nog reg om te slaan.

Oordeel teen Assirië

5. “Verwoesting wag vir Assirië, die sweep waarmee Ek straf. Sy militêre kragis ’n stok in my hand.

6. Ek stuur Assirië teen hierdie goddelose klomp mense.Hy sal hulle namens My straf.Hy sal hulle kom plunder, hulle soos modder onder sy voete vertrap.

7. Maar die koning van Assirië sal nie weet dat Ek hom stuur nie. Hy sal dink dat hy die mense aanval as deel van sy plan om die hele wêreld te verower.”

8. Hy sal sê: “Elkeen van my prinse sal een van die dae ’n koning wees wat oor ’n verowerde land regeer.

9. Ons sal Kalne net soos Karkemis verwoes. Hamat sal voor ons val soos Arpad. En ons sal Samaria vernietig net soos ons Damaskus vernietig het.

10. Ja, ons het baie koninkryke verwoes wie se gode veel sterker is as Jerusalem en Samaria s’n.

11. As ons Samaria en haar gode vernietig het, sal ons Jerusalem ook verwoes!”

12. Nadat die Here die koning van Assirië gebruik het om sy doel in Jerusalem te bereik, sal Hy teen die koning van Assirië draai en hom straf, want hy is trots en arrogant.

13. Hy spog: “Deur my eie krag en slimmigheid het ek hierdie oorloë gewen. Deur my eie krag het ek baie lande gevange geneem, hulle konings doodgemaak en hulle skatte weggedra.

14. Omdat ek groot is, het ek hulle rykdomme geplunder soos eiers in ’n nes geplunder word. Ek het koninkryke bymekaargemaak soos ’n boer eiers bymekaarmaak. Niemand kan ’n vlerk teen my oplig of sy mond oopmaak om te probeer protesteer nie!”

15. Kan die byl grootpraat dat hy sterker is as die een wat hom gebruik? Of is ’n saag groter as die een wat saag? Kan ’n sweep slaan sonder dat ’n hand dit beweeg? Kan ’n kierie op sy eie loop?

16. Luister mooi, koning van Assirië! Omdat jy aanhou grootpraat, gaan die Here, die Almagtige, ’n plaag onder jou trotse soldate stuur. ’n Vuur sal jou heerlikheid aan die brand steek.

17. Die Here, die Lig van Israel en die Heilige Een, sal die vuur wees wat hulle vernietig. In een nag sal Hy daardie dorings en dissels verbrand.

18. Assirië se groot leër is soos ’n groot woud en vrugbare landerye, maar dit sal vernietig word. Die Here sal Assirië se soldate volledig verwoes, en hulle sal wegkwyn soos siek mense in ’n plaag.

19. Net ’n paar van die groot leër sal oorleef, so min dat ’n kind hulle sal kan tel!

Hoop vir die Here se volk

20. Ten einde laaste sal almal wat oor is in Israel en Juda die Here, die Heilige Een van Israel, vertrou. Hulle sal nie meer staatmaak op Assirië, wat hulle kan vernietig nie.

21. ’n Oorblyfsel van Israel sal terugkom na die magtige God.

22. Selfs al is die volk van Israel so baie soos die sand op die strand, sal slegs ’n klein groepie daardie tyd terugkom. Die Here het besluit om sy volk te vernietig en sy besluit is regverdig.

23. Ja, die oppermagtige Here, die Almagtige, het klaar besluit om hulle te verdelg.

24. Daarom, so sê die oppermagtige Here: “My volk in Jerusalem, moenie bang wees vir die Assiriërs wanneer hulle julle verdruk soos die Egiptenaars lank terug gedoen het nie.

25. Dit sal nie lank aanhou nie. Binnekort sal my woede teen julle ophou, en dan sal my woede hulle vernietig.”

26. Die Here, die Almagtige, sal hulle met sy sweep slaan, soos Hy gedoen het toe Gideon die Midianiete by die Orebrots verslaan het, of toe die Here sy kierie opgelig het en die Egiptiese leër laat verdrink het.

27. In daardie dag sal die Here die gevangenskap van sy volk beëindig. Hy sal die juk van slawerny van hulle skouers aftel en dit stukkend breek.

28. Kyk, die magtige leërs van Assirië kom! Hulle is nou by Aja, dan by Migron. Hulle bêre hulle voorrade by Mikmas.

29. Hulle trek oor die pas en bly oornag by Geba. Angs tref die stad van Rama. Al die mense van Gibea, Saul se stad, hardloop vir hulle lewe.

30. Ja, skreeu in angs, mense van Gallim! Waarsku die inwoners van Lajesa! Want die magtige leër kom. Arme Anatot! Watter lot wag vir jou.

31. Daar vlug die inwoners van Madmena. Die inwoners van Gebim maak reg om te hardloop.

32. Die vyand wag eers by Nob vir die res van die dag. Hy wys sy vuis vir Sionsberg in Jerusalem.

33. Maar kyk! Die Here, die Almagtige, sal elke groot boom afkap! Hy vernietig die hele leër van Assirië, saam met sy offisiere en bevelvoerders.

34. Die Magtige Een sal die vyand verslaan, soos ’n byl die groot bome van die Libanon afkap.