hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Boodskap oor Samaria

1. Verwoesting wag vir die stad Samaria, die trots en vreugde van Israel se dronklappe!Die stad is in ’n ryk vallei, maar sy prag sal skielik verdwyn.Verwoesting wag verseker vir daardie stad,die trots van die mense wat neerslaan van die wyn.

2. Want die Here het iemandwat sterk en magtig is.Hy is soos ’n magtige haelstormen swaar reën wat oor hulle sal losbarsen hulle teen die grond neergooi.

3. Die trotse stad van Samaria, die trots en vreugde van Israel se dronklappe, sal vertrap word onder die voete van die vyande.

4. Die stad is in ’n vrugbare vallei, maar sy prag sal skielik verdwyn.Dit sal wees soos ’n ryp vy voor die oes. As iemand dit sien, sal hy dit vat en insluk.

5. Dan sal die Heredie Almagtige, self Israel se kroon en eer wees. Hy sal die trots en vreugde weesvan die oorblyfsel van sy volk.

6. Hy sal aan hulle regters ’n begeerte gee om reg te spreek. Hy sal groot moed gee vir hulle soldate wat die stadspoorte beskerm.

7. Maar nou is dit dronklappe wat Israel regeer!Die priesters en die profete slinger en waggel van al die wyn en sterk drank.Hulle maak dom besluite as hulle verantwoordelik moet optree.

8. Hulle tafels is vol braaksel.Niks en niemand is skoon nie.

9. Hulle sê: “Vir wie probeer hy leer? Aan wie verduidelik hy sy boodskap?Is dit babatjies wat pas gespeen is, wat so pas van hulle ma’s se borste weggevat is?

10. Want dit is: Doen dit en doen dat, doen dit en doen dat, reël op reël, reël op reël, hier ’n bietjie en daar ’n bietjie!”

11. Omdat hulle weier om te luister, sal God met hulle praat deur die onbekende taal van vreemde verdrukkers!

12. Hy het vir hulle gesê: “Hier kan julle rus! Hier kan julle die moeë mense laat rus. Hier is alles rustig.” Maar hulle het geweier om te luister.

13. Daarom gaan die Hereweer met hulle praat. Hy gaan sê:Maak sus en maak so, reël op reël, reël op reël, hier ’n bietjie en daar ’n bietjie!Hieroor sal hulle agteroorval, beseer en gevang word,en as ballinge weggevoer word.

14. Daarom, luister na die Here se boodskap,julle ligsinniges wat oor Jerusalem regeer!

15. Julle spog: “Ons het ’n ooreenkoms gemaakom die dood te ontkom. Met die graf het ons ooreengekom.As die Assiriërs kom, sal hulle ons nie tref nie. Want ons het leuens ons veilige vesting gemaak,valsheid en bedrog ons skuilplek.”

16. Daarom sê die oppermagtige Here: “Kyk, Ek gaan in Jerusalem’n klip neersit, ’n granietsteen, ’n hoeksteen vir ’n vaste fondament.Elkeen wat op My vertrou, hoef nie weg te hardloop nie.

17. Ek sal geregtigheid die maatlyn maaken regdie skietlood as norm.Die hael sal julle skuilplekvan leuens laat omval,en die vloedwaters sal dit wegsleur.

18. Ek kanselleer die ooreenkoms wat julle met die dood gemaak het. Julle ooreenkoms met die grafhef Ek op.As die verskriklike vyand aangestorm kom, sal julle in die grond vertrap word.

19. Keer op keer sal daardie vloed kom, môre na môre, dag en nag.” Hierdie boodskap sal angs bring vir julle.

20. Julle sal nêrens kan wegkruip nie.Die bed wat julle gemaak het, is te kort om reguit daarop te lê.Die kombers is te smal om julle mee toe te maak.

21. Die Here sal skielik kom, met woede, soos Hy teen die Filistyne by Perasimberg gekom het, en teen die Amoriete by Gibeon.Hy sal kom om ’n vreemde, ’n ongewone ding te doen:Hy kom om sy eie volk te vernietig!

22. Hou op spot sodat julle straf nie nog groter is nie!Die oppermagtige Here, die Almagtige, het dit duidelik gemaak dat Hy julle land gaan verwoes.

23. Luister na my. Luister terwyl ek by julle pleit!

24. Hou ’n boer aan met ploeg sonder om ooit te saai? Hou hy aan om grond te bewerk sonder om ooit te plant?

25. As hy grond gelyk gemaak het, saai hy mosswartkomyn en komyn, koring, gars en spelt, elkeen in sy eie akker.

26. Boere weet wat om te doen, God het hulle geleer hoe om dit te doen.

27. Hulle oes ook nie alles op dieselfde manier nie.Hulle dors nie swartkomyn met ’n slee, of komyn met wawiele nie. Swartkomyn en komyn word met ’n stok uitgeslaan.

28. Graan word gemaal vir brood.Daarom moet ’n mens nie aanhou om dit te slaan nie. Hulle dors dit met wawiele, maar verpoeier dit nie.

29. Die Here, die Almagtige, is ’n goeie onderwyser.Hy gee die boer groot wysheid.