hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Boodskap vir die nasies

1. Kom hier en luister, nasies van die aarde! Laat die wêreld en alles daarop hoor wat ek sê.

2. Want die Here is kwaad vir die nasies.Sy woede is teen al hulle soldate gerig. Hy sal hulle heeltemal vernietig,Hy sal sorg dat hullegeslag word.

3. Hulle dooies sal nie begrawe word nie.Die stank van die lyke sal die hele land vol wees.Die berge sal deurdrenk weesvan hulle bloed.

4. Die hemelliggame sal wegsmelt.Die hemel sal soos ’n boekrol toegerol word.Die sterre sal verdof en valsoos verlepte blare van ’n wingerdstok,of ’n vyeboom wat verdroog.

5. Wanneer my hemelse swaard die nasies se bloed laat vloei, kyk dan mooi,dan sal dit afkom op Edom, die volk wat Ek heeltemal uitroei wanneer Ek hom straf.

6. Die swaard van die Hereis deurdrenk van bloed.Dit is vol vet asof Hy lammers, bokramme en skaapramme geslag het om ’n offer te bring. Ja, die Here bring ’n groot offer in Bosra.Hy rig ’n groot slagting aan in Edom.

7. Die sterkstes en die oues en die jonges sal doodgaan. Die land is deurdrenk van bloed.Die grond is deurtrek van vet.

8. Want dit is die dag van die Here se wraak, die jaar van vergelding ter wille van Israel.

9. Die riviere van Edom sal gevul word met teer,die grond oortrek met swael en die land met pik oordek.

10. Hierdie oordeel oor Edom sal nooit eindig nie.Die land sal verlate lê van geslag tot geslag.Niemand sal meer daar deurtrek nie.

11. Die land sal die blyplek wees van woestynuile en kraaie.Want God bring verwarring oor Edom en verwoes die land.

12. Die land sal genoem word die Land van Niks, en sy leiers sal verdwyn.

13. Dorings sal die paleise oorgroei,brandnetels en dissels sy forte.Die ruïnes sal ’n blyplek wordvir jakkalse en volstruise.

14. Wildehonde en hiënas kry mekaar daar.Wildsbokke roep na mekaar.Die naggees sal daar bly om ’n rusplek te vind.

15. Die uil maak daar nes en lê haar eiers.Sy broei haar kleintjies uit en beskerm hulle daar.Ook die aasvoëls komom daar te paar.

16. Kyk gerus in die boek van die Here, en lees wat Hy gaan doen:Nie een van die voëls of diere sal ontbreek nie.En nie een sal wees sonder ’n maat nie. Want die Here het dit belowe.Sy Gees sal dit alles waar laat word.

17. Hy het self die land opgemeet en verdeel.Hy het dit bemaak aan hierdie diere. Hulle sal dit vir altyd besit, van geslag tot geslag.