hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Boodskap oor Moab

1. Hierdie boodskap het ek oor Moab gekry: In een nag sal Moab se stede, Ar en Kir, verwoes word.

2. Jou mense in Dibon sal by hulle tempels en heiligdomme huil. Hulle sal huil oor die lot van Nebo en Medeba. Hulle sal hulle koppe kaalskeer uit verdriet, en hulle baarde afskeer.

3. Hulle sal rouklere dra wanneer hulle op straat kom. Want in elke huis en op elke plein sal mense bitterlik huil van verdriet.

4. Die geroep uit die stedevan Gesbon en Elalesal van ver af gehoor kan word, selfs tot in Jahas. Die dapperste soldate van Moab skreeu van angs.

5. Ek huil oor Moab. Sy mense vlug na Soar en Eglat-Selisija. Al huilende klim hulle die skuinste na Lugit toe uit. ’n Mens kan hulle hoor huil al die pad na Goronajim toe.

6. Selfs die water van Nimrim het opgedroog! Die gras het verdroog en die plante het verdwyn. Niks groens het oorgebly nie.

7. Die vlugtelinge is so desperaat dat hulle net die besittings saamvat wat hulle kan dra. Hulle vlug oor die Wilgerspruit.

8. Die hele land Moab huil van een kant tot die ander kant, van Eglajim tot by Beër-Elim.

9. Die stroom by Dibonis rooi van die bloed, maar Ek is nog nie klaar met Dibon nie. Daar sal die leeus oorlewendes vang, dié wat probeer weghardloop en dié wat agterbly.