hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Boodskap oor Babilon

1. Jesaja seun van Amos het hierdie boodskap oor die vernietiging van Babel gekry:

2. “Kyk hoe die vlae waai terwyl die vyand aanval. Moedig hulle aan, Israel! Waai vir hulle terwyl hulle optrek teen Babilon om die paleise te verwoes van die hoës en magtiges.

3. “Ek, die Here, het hierdie taak vir my heilige leër opgelê. Hulle sal bly wees wanneer Ek verhoog word. Ek het hulle geroep om my woede af te koel.”

4. Hoor die geraas op die berge! Luister hoe die weermagte opruk! Dit is die geraas en geroep van baie nasies. Die Here, die Almagtige, het hulle hiernatoe gebring om ’n leër te vorm.

5. Hulle kom van veraf lande. Hulle is die Here se wapens. Hulle sal die hele land vernietig.

6. Skreeu van angs, want die Here se tyd het gekom, die tyd dat die Almagtige verwoes.

7. Elke arm hang verlam van vrees. Selfs die sterkstes se harte smelt inmekaar

8. van vrees. Vrees gryp hulle met verskriklike pyne, soos van ’n vrou wat geboorte skenk. Hulle kyk hulpeloos vir mekaar terwyl die vlamme van die brandende stad op hulle gesigte weerkaats word.

9. Kyk, die Dag van die Here kom, die verskriklike dag van sy gramskap en sy gloeiende toorn. Die land sal verwoes word en ook alle sondaars.

10. Die lug sal donker word bokant hulle. Die sterre, son en maan sal geen lig gee nie.

11. “Ek, die Here, sal die wêreld straf oor sy boosheid en bose mense vir hulle sonde. Ek verpletter die arrogansie van trotse mense en die verwaandheid van die magtiges.

12. Min mense sal oorleefteen die tyd dat Ek my werk voltooi. Mense sal so skaars wees soos goud, skaarser as goud uit Ofir.

13. Want Ek sal die hemel skud en die aarde sal uit sy plek verskuif wanneer die woede van die Here,die Almagtige, kom, in die tyd van my brandende toorn.”

14. Almal sal hardloop tot hulle uitgeput is, op pad na hulle eie lande toe, soos bokke wat gejag word, soos skape sonder ’n herder.

15. Enigeen wat gevang word, sal met die swaard doodgesteek word.

16. Hulle babas sal voor hulle oë doodgeslaan word. Hulle huise sal geplunder, hulle vroue verkrag word.

17. “Ek wek die Mediërs op teen Babel, en geen bedrag silwer of goudkan hulle omkoop nie.

18. Die soldate sal die jong manne met pyle platskiet. Hulle sal geen genade hê vir hulpelose babas, en geen simpatie toon met kinders nie.”

19. Babilon, jy is die glorierykste van die koninkryke, die blom van Galdese kultuur. Jy sal soos Sodom en Gomorra verwoes wees as God jou vernietig het.

20. Die stad sal nooit weer herrys nie.Geslagte sal kom en gaan, maar die land sal nooit weer bewoon word nie. Arabiere sal nooit weer daar tent opslaan nie, en skaapwagters sal hulle kuddenie daar laat oornag nie.

21. Net woestyndiere sal in die puinhope rondloop. Die huise sal vol uile wees. Volstruise sal tussen die ruïnes bly. En wilde bokke sal daar ronddans.

22. Hiënas sal in die vestings roep, en jakkalse sal in die paleisehulle lêplek maak. Babilon se dae is getel. Sy tyd van verwoesting is naby.