hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 55 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Uitnodiging

1. “Almal wat dors is, kom na die water toe.Selfs al het jy geen geld nie,kom, koop en eet.Kom, koop wyn en melk sonder prys en geld.

2. Hoekom spandeer julle julle geld op dit wat nie brood is nie?Hoekom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister mooi na My,dan sal julle eet wat goed is,en versadig kan word met die beste wat te kry is!

3. Luister tog, kom na My toe.Luister na My dat julle kan lewe.Ek is gereed om ’n ewige verbond te sluit. Ek wil my troue liefde aan julle betoonsoos Ek aan Dawid belowe het.

4. Ek het hom ’n getuie gemaak vir al die volke,’n regeerder en bevelvoerder van volke.

5. Jy sal oor nasies regeerwat jy nie geken het nie.Nasies wat jou nie ken niesal na jou toe hardloopter wille van die Here jou God,die Heilige van Israel, wat jou vereer.”

6. Vra na die Hereterwyl jy Hom nog kan vind.Roep Hom nou aan terwyl Hy nog naby is.

7. Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los,en die bose mens sy slegte gedagtes.Hy moet terugdraai na die Hereen Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe!

8. “My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie,”sê die Here.

9. “Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen,hoër as wat julle doen,en my gedagtes hoër as julle gedagtes.

10. Reën en sneeu kom uit die hemel, en dit gaan nie daarheen terug nie.Dit maak die aarde natom die plante te laat bot en vrugte te laat drasodat daar saad is om te saai en brood om te eet.

11. Net so is dit met die woordwat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie,maar dit sal doen wat Ek verwagen die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het.

12. Julle sal in blydskap wegtreken in vrede gelei word.Die berge en heuwels sal juigen die bome in die veld sal hulle hande klap!

13. Waar daar eers net dorings was, sal daar nou sipresse groei.En in die plek van ’n disselsal daar nou mirtebome groei. Dit sal wees tot eer van die Here,’n blywende teken van sy mag en liefde.”