hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 56 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Seën vir al die nasies

1. So sê die Here:“Tree regverdig en eerlik op, doen wat reg en goed is, want Ek is op pad om julle te red.

2. Geseënd is almal wat versigtig dit alles doen.Geseënd is elkeen wat my Sabbatdae onderhoudeur te weier om dan te werk.En geseënd is almal wat weier om die verkeerde te doen.

3. “’n Uitlander wat deel geword het van die volk van die Heremoenie dink: ‘Die Here sal my sekerlik uitsluit van sy volk!’ nie.’n Ontmande moenie dink:‘Ek is maar ’n droë boom!’ nie.”

4. Want so sê die Here:“Aan die ontmandeswat my Sabbat onderhou en kies om te doenwat My behaag, en lewe volgens my verbond,

5. vir hulle sal Ek in my tempel en aan sy mure’n gedenkteken oprig, en ’n erenaam gee wat beter is as dié van seuns en dogters.Ek sal aan hulle ’n blywende naam gee, wat nooit uitgewis sal word nie.

6. Ek seën ook die uitlanderswat hulle aan die Here wy en Hom dien en liefheten die Sabbatdae onderhouen lewe volgens my verbond.

7. Ook húlle bring Ekna my heilige bergen gee hulle vreugde in my huis van gebed.Hulle brandoffers en ander offerssal Ek aanvaar,want my tempel sal ’n huis van gebed genoem wordvir al die nasies.”

8. Die oppermagtige Here, wat die ballinge van Israel terugbring, sê: “Benewens my volk Israelbring Ek ook ander huis toe.”

Sondige leiers veroordeel

9. Kom, wilde diere van die veld!Al die diere in die bos,kom en verslind my volk!

10. Israel se wagte is almal blind en weet niks.Hulle is soos honde wat nie kan grom of blafwanneer gevaar aankom nie.Hulle hou net daarvanom rond te lê, te droom en te slaap.

11. Hulle is so gulsig soos hondewat nooit genoeg kry nie. Hulle is dwase herders.Elkeen loop op sy eie paadjieen elkeen sorg net vir homself.

12. Hulle sê:“Kom, hier is die wyn!Laat ons dronk word van bier!Laat ons aanhou partytjie hou!Môre sal selfs nog beter wees as vandag.”