hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 39 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Afgevaardigdes van Babilon

1. Kort hierna het Merodak-Baladan, die koning van Babel en seun van Baladan, sy beste wense en ’n geskenk na Hiskia toe gestuur. Hy het gehoor dat Hiskia baie siek was, en gesond geword het.

2. Hiskia het die Babiloniese afgevaardigdes opgewonde verwelkom. Hy het ook vir hulle alles gewys wat hy in sy skatkamers gehad het – die silwer en goud, kruie en geurige olie. Hy het ook vir hulle sy wapenkamer en al sy skatte gaan wys. Daar was niks in sy paleis of in sy koninkryk wat Hiskia nie vir hulle gewys het nie.

3. Hierna het die profeet Jesaja na koning Hiskia gekom en vir hom gevra: “Wat wou hierdie mense gehad het? Waarvandaan het hulle gekom?” Hiskia het geantwoord: “Hulle het van die verafgeleë land Babel na my toe gekom.”

4. “Wat het hulle in jou paleis gesien?” vra Jesaja. “Hulle het alles gesien,” het Hiskia geantwoord. “Ek het hulle alles gewys wat ek besit, al my skatte.”

5. Toe het Jesaja vir Hiskia gesê: “Luister na hierdie boodskap van die Here, die Almagtige:

6. ‘Die tyd kom dat alles wat jy het, al die skatte wat jou voorouers opgegaar het, na Babel weggedra sal word. Niks sal daarvan oorbly nie,’ sê die Here.

7. “‘Van jou seuns sal ook weggeneem word in ballingskap. Hulle sal ontman word sodat hulle in die paleis van die koning van Babel kan dien.’”

8. Toe het Hiskia vir Jesaja gesê: “Hierdie boodskap wat jy vir my van die Here af gebring het, is goed.” Want intussen het Hiskia by homself gedink: “Ten minste sal daar vrede en voorspoed in mý tyd wees!”