hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 65 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Oordeel en redding

1. “Ek openbaar My aan hulle wat nie my raad gevra het nie. Ek laat My vind deur mense wat My nie gesoek het nie. Vir ’n nasie wat nie na Mygeroep het nie, het Ek gesê: ‘Hier is Ek!’

2. Want Ek het heeldag lankmy hande uitgesteek na my eie, opstandige volk.Maar hulle het aangehou loop op hulle eie sondige paaie.Hulle het hulle eie koppe gevolg.

3. Hulle is ’n volk wat My in my gesig beledig. Hulle bring offers vir afgodein tuine en brand wierook op hulle steenaltare.

4. In die nag gaan hulle na die grafteen geheime plekke om bose geeste te aanbid.Hulle eet varkvleis en onrein kos wat verbode is.

5. En dan sê hulle: ‘Bly waar jy is! Moenie naby my kom nie! Ek is heiliger as jy!’Sulke mense is soos rook in my neus, soos ’n vuur wat heeldag brand.

6. “Dit staan voor My geskryf: Ek sal nie langer stilbly nie.Nee, Ek sal hulle straf.Ek gaan hulle terugbetaal volgens hulle verdienste.

7. Ek gaan hulle strafvir hulle eie sondes en vir die sondes van hullevoorouers,” sê die Here. “Want hulle het wierook gebrand op die berge,en My beledig op die hoogtes.Ek gaan hulle straf, volgens wat hulle verdien.”

8. So sê die Here: “As daar nog sap in ’n druiwetros is,sê die mense:‘Moenie dit weggooi nie,want dit kan nog gebruik word.’So sal Ek doenter wille van my dienaars:Ek sal hulle nie almal vernietig nie.

9. Ek sal vir Jakob weer ’n nageslag gee, aan Juda kinders wat my bergland sal besit. Die mense wat Ek uitverkies,sal dit in besit neem,en daar sal my dienaars woon.

10. “Die Saronvlakte sal ’n weiveld wees vir mense met kleinvee, en die Akorlaagte ’n rusplek vir die beeste.Dit is vir hulle uit die volk wat na my wil vra.

11. “Maar die res van jullehet die Here versaak en my heilige berg vergeet.Julle het die geluksgod en die god van die noodlot aanbid.

12. Daarom het Ek julle bestem om doodgemaak te word.Julle sal moet neerknielom geslag te word.Want toe Ek julle geroep het, het julle nie geantwoord nie.Toe Ek gepraat het,het julle nie geluister nie. Julle het gedoen wat verkeerd isreg voor my oë.Julle het gekies om te doenwat Ek haat.”

13. Daarom sê die oppermagtige Here: “My dienaars sal eet,maar julle sal honger ly.My dienaars sal drink, maar julle sal dors ly.My dienaars sal bly wees,maar julle sal in die skande kom.

14. My dienaars sal sing met vreugde in die hart.Maar julle sal uitroep van droefheid,julle sal ween oor julle leed.

15. “Dié wat Ek uitverkies het,sal julle naam gebruik om mense mee te vervloek. Die oppermagtige Heresal julle vernietig,maar aan sy dienaars gee Hy ’n nuwe naam.

16. Almal wat iemand wil seënof wil sweer,sal dit doen in die Naamvan die God van waarheid.Die probleme van voorheen sal vergete wees.Ek laat dit verdwyn.”

Nuwe hemel en aarde

17. “Kyk, Ek skep ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde.Die vorige dinge sal nie meer onthou word nie en nie in die gedagte opkom nie.

18. Wees bly en jubel oor wat Ek gaan skep.Ek skep ’n Jerusalem waaroor mense bly sal wees, en sy inwoners sal ’n bron van vreugde wees.

19. Ek sal bly wees oor Jerusalem,My verheug oor my volk. In die stad sal jy nooit weer hoorhoe mense huil of om hulp roep nie.

20. “Nooit weer sal ’n suigeling net maar ’n paar dae leef nie.Daar sal nie grysaards weeswat nie hulle jare uitleef nie.Iemand wat op 100 jaar sterf,sal as ’n jong man geag word.Iemand wat vroeër as 100 jaar sterf, sal beskou wordas ’n vervloekte.

21. Dan sal mense weer huise bou en daarin woon. Hulle sal wingerde planten self die druiwe eet.

22. Hulle sal nie huise bou waarin ander mense woon nie. Hulle sal nie meer plant,maar ander eet die vrugte nie.My volk sal oud word soos ’n boom.Hulle wat Ek uitverkies het,sal die vrug genietvan hulle eie handewerk.

23. “Hulle sal nie tevergeefs swoeg,en kinders grootmaak vir rampe nie. Want hulle sal ’n volk wees wat deur die Here geseën is,hulle en hulle afstammelinge.

24. Ek sal hulle antwoord nog voor hulle na My roep.Terwyl hulle vra, sal Ek hulle gebede verhoor.

25. Die wolf en die lam sal saam wei.Die leeu sal strooi vreet soos ’n bees,en giftige slange sal stof vreet.Op my heilige berg sal hulle geen skade aanrig,en niks vernietig nie.Ek, die Here, sê so!”