hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 53 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Wie het ons boodskap geglo?Aan wie het die Heresy reddende mag openbaar?

2. My dienaar het gegroei soos ’n loot wat uitspruitin die teenwoordigheid van die Here, soos ’n plant wat groei in droë grond.Hy was nie mooi of koninkliksodat hy ons sou aantrek, of met ’n voorkoms dat ons van hom sou hou nie.

3. Hy was veragen verwerp deur mense,iemand wat leed en pyn geken het.Hy was soos iemand vir wie mense die gesig wegdraai, verag en ons het hom nie geag nie.

4. Tog was dit ons swakhede wat hy gedra het.Hy het ons pyn verduur.Ons het aan hom gedink as dat God hom slaan, kasty en teister.

5. Hy is geslaan en gepynig ter wille van ons sondes.Hy is gestraf sodat ons in vrede kan leef.Hy is geslaan sodat ons gesond kan word.

6. Almal van ons het weggedwaal soos ’n klomp skape.Ons het ons eie pad gevolg.En toe het die Hereons almal se skuld en sondes op hom laat neerkom.

7. Hy is geslaan en mishandel,maar hy het sy mond nie oopgemaak nie.Hy is soos ’n lam wat ter slagting gelei word.Soos ’n skaap stil is voor sy skeerders, so het ook hý sy mond nie oopgemaak nie.

8. Hy is verdruk, skuldig bevind, en weggelei na sy dood.Wie van sy mense het besef dat hy vir hulle sondes doodgemaak word?Dat hy eintlik in húlle plekgestraf word?

9. Hy het niks verkeerdsgedoen nie, en het nooit enigiemand bedrieg nie.Tog is hy soos ’n misdadiger begrawe,in ’n ryke se graf neergelê.

10. Maar dit was die Here se wilom hom te vermorselen te laat ly.Al het die Here sy lewe ’n skuldoffer gemaak,sal hy ’n groot nageslag kryen nog lank lewe.Die Here se plansal as gevolg van Hom ontvou.

11. Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sienen tevrede wees.En deur alles wat hy beleef het, sal my regverdige dienaar dit moontlik maak vir baie om ook regverdig te word,want hy dra al hulle sondes.

12. Daarom eer Ek hom as iemand wat groot en magtig is.Want hy was bereid om doodgemaak te worden as misdadiger beskou te word.Hy het die sondes van baie gedra, en vir sondaars gebid.