1. ’n Gedig van die seuns van Korag, met instrumentale musiek; ’n lied. Haar fondasies is op Sy afgesonderde berg.
2. יהוה het die poorte van Tziyon meer lief as al die blyplekke van Ya’akov.
3. Wonderlike dinge word van jou gesê, o stad van ons God!
4. Ek sal noem van Ragav en Bavel, want hulle ken my krag; let op P’leshet, Tzor en die mense van Kush, dit sal gesê word dat hierdie man daar gebore is
5. en van Tziyon sal gesê word: “Hierdie magtige man is in haar gebore en hy sal haar in stand hou.”
6. יהוה sal Sy volk tel soos Hy hulle in die boek opskryf; hierdie man is daar gebore.
7. Die prinse wat in jou bly sal bly wees en almal wat in jou nederig gemaak is.