hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 74 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Onderriggewende gedig van Asaf. O God, waarom het U ons vir altyd weggestoot? Waarom het U woede ontvlam teen die skape van U trop?

2. Onthou U vergadering wat U van ouds besit het, die stam van U erfenis, wat U losgekoop het; hierdie berg Tziyon waarin U gebly het.

3. Verhoog U diensknegte bo dié wat weggevoer word deur mag; almal wat onderdruk, is vyande van U Afgesonderde Plek.

4. U teëstanders het hulleself verhoog te midde van U feeste, hulle het hul baniere as tekens opgestel.

5. U weet hierdie dinge, as die Verhoogde Een wat daarbo sit; hulle het die deure met byle afgekap soos wat hulle die bome van die woud sou afkap.

6. Hulle het alles met byle en hamers vernietig.

7. Hulle het U Afgesonderde Plek aan die brand gesteek en afgebrand. Hulle het die blyplek van U Naam op aarde onteer.

8. Hulle het in hul binneste gesê: “Laat ons hulle saam vernietig! Laat ons al die feesdae van God in die land afskaf.”

9. Hulle het nie die wonders daarvan gesien nie, want daar is geen profeet meer nie en ook is daar geen wyse man onder ons nie.

10. Hoe lank, o God, sal die teëstander spot? Sal die vyand U Naam (Karakter en Outoriteit) vir ewig sleg praat?

11. Waarom trek U U hand terug, U krag vanuit die midde van U vergadering?

12. God is ons Koning, wat van ouds die verlossing van Ya’akov beveel het.

13. U het deur U krag die see verdeel; U breek die koppe van die drake in die waters.

14. U het die koppe van die leviatan in stukke gebreek en U het hom gegee as kos vir ’n sterk volk.

15. U het die fonteine oopgemaak in die valleie; U het magtige riviere opgedroog.

16. Die dag behoort aan U, die nag is ook U s’n; U het die lig en die son voorberei.

17. U het al die grense van die aarde vasgestel; U het somer en winter gemaak.

18. Onthou hierdie: die vyand het יהוה gespot en die dwase volk het kwaadgepraat van U Karakter en Outoriteit (Naam).

19. Gee nie die lewe, wat U erken en bely, oor aan vernietiging nie; vergeet nie die lewens van U armes vir ewig nie.

20. Respekteer U verbond, o יהוה, want die blyplekke van die aarde is vol onkunde en wreedheid.

21. Laat die onderdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die arme en behoeftige U Naam (Karakter en Outoriteit) helder en duidelik loof.

22. Staan op, o God, verdedig U eie saak; onthou hoe die dwase man U daagliks gespot het.

23. Vergeet nie die stem van U teëstanders nie, die geraas van hulle wat teen U opstaan styg voortdurend op!