1. Vir die musiekleier met snaarinstrumente: ’n onderriggewende gedig van Dawid, 2 toe die Zifiete gekom en aan Sha’ul gevra het: “Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie?”
2. O God, verlos my deur U Karakter en Outoriteit (Naam) en oordeel my regverdig deur U krag!
3. Hoor my gebed, o יהוה, luister na die woorde van my mond,
4. want vreemdelinge het teen my opgestaan en tiranne soek my lewe; hulle het God nie in ag geneem nie.
5. Let op, יהוה-God is my Helper. יהוה ondersteun my lewe.
6. Bring rampe oor my vyande. Maak hulle stil in U waarheid.
7. Ek sal vryelik aan U offer, ek sal U Naam (Karakter en Outoriteit) loof en prys met uitgestrekte hande, o יהוה, want dié is goed, 9 want U het my uit alle moeilikheid bevry en my oog het my vyande verslane gesien.