1. Loof Yah helder en duidelik! Loof helder en duidelik, o diensknegte van יהוה, loof die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה helder en duidelik!
2. Geseënd is die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, van nou af aan vir ewig!
3. Vanaf die opkoms van die son tot by sy ondergang moet die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה helder en duidelik geloof word!
4. יהוה is hoog bo al die nasies en Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid bo die hemele.
5. Wie is soos יהוה, ons God, wat sit in die hoogte
6. en tog die dinge wat in die dieptes is, in die hemel en op die aarde, raaksien?
7. Hy lig die arme op uit die mishoop
8. dat Hy hom kan vestig by die prinse van die volk.
9. Hy laat die onvrugbare vrou huishou, ’n blymoedige moeder van kinders. Loof Yah helder en duidelik!