1. Vir die musiekleier; op die Gittitiese harp: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. O יהוה, ons יהוה, hoe majestueus is U Karakter en Outoriteit (Naam) op die hele aarde! U het U grootheid en lof bo die hemele vertoon.
2. Uit die mond van seuns en suigelinge het U, as gevolg van U teëstanders, sterkte vasgestel sodat U die vyand en die wraakgierige kan vernietig.
3. As ek U hemele en die werk van U vingers beskou, die maan en die sterre wat U aangestel het,Ps 144:3; Heb 2:6-8
4. wat is die mens dat U aan hom dink en die seun van ’n mens dat U vir hom omgee?
5. Tog het U hom ’n klein bietjie minder gemaak as die engele en hom met eer, lof en majesteit aangetrek.Efe 1:22
6. U laat hom heers oor die werke van U hande; U het alles onder sy voete gesit:
7. alle skape en beeste en ook die diere van die veld,
8. die voëls van die lug en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.
9. O יהוה, ons יהוה, hoe majestueus is U Karakter en Outoriteit (Naam) op die hele aarde!