1. יהוה regeer, Hy is met majesteit bekleed. יהוה is bekleed met sterkte waarmee Hy Homself omgord het. Die wêreld is ook vasgestel sodat dit nie beweeg kan word nie.
2. U troon is van ouds af vasgestel; U is van ewigheid af.
3. Die riviere vloei vol, o יהוה, die riviere het hulle stem opgelig; die riviere vloei met reinheid!
4. יהוה daar hoog is magtiger as die klank van baie waters, ja, as die magtige golwe van die see!
5. U getuienisse is baie seker. Afgesonderdheid pas vir ewig by U huis, o יהוה!